Leesplan inligting

Nuwe Lewe: 10-dae Leesplan deur Doxa DeoVoorbeeld

Nuwe Lewe:  10-dae Leesplan deur Doxa Deo

DAG 1 VAN 10

God se Geskenk


Daar is ‘n kwaliteitslewe wat God verlang vir elk van ons, maar wat ons slegs sal verstaan wanneer ons Hom beter leer ken.


Deur wat Christus gedoen het, het ons ook deel van God se eie erfdeel geword. Ons was vooraf daartoe bestem! Dit was God se doel! Hy het alles laat uitwerk soos Hy dit beplan en wou gehad het. Die gevolg is dat God se grootheid deur ons bestaan verheerlik word. Ons was die eerstes wat ons hoop op Christus geplaas het. Efesiërs 1: 11-12 (NLV) 


Sy Lig, Sy Lewe, Sy Liefde – Sy geaardheid en karakter vorm die konteks waarin ons veronderstel is om te lewe. Sy bemagtigende teenwoordigheid is die “atmosfeer” waarin ons waarlik en volkome kan lewe – fisies, sielkundig en geestelik. God het die inisiatief geneem deur ons te bemagtig sodat ons hierdie lewe ten volle kan geniet.


God het gesê: “Laat Ons die mens maak na Ons beeld, net soos Ons en laat hulle heers oor die visse van die see, die voëls van die hemel, die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde beweeg.”  Genesis 1:26 (PWL)


God het die mens gevorm uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas sodat die mens ‘n lewende gees, liggaam, wil en verstand geword het.  Genesis 2:7 (PWL)


God is die Vader van Lewe, die skrywer van ons lewensverhale. Hy is aktief betrokke by elke mens, om ons te bemagtig om voluit te lewe.


Ons is in Sy gelykenis geskape en is dus geestelike wesens. Om hierdie rede is ons ontwerp om Sy intieme teenwoordigheid te geniet. Hy is die Liefling van ons siele, die Een in wie se omhelsing ons volkome en tevrede is.


Omdat ons in Sy gelykenis geskape is, is ons dan ook verhoudingswesens, ontwerp om te floreer in kwaliteit verhoudings.


Deur Sy Gees is ons bemagtig om te regeer in hierdie lewe onder Sy gesag. Ons is “lewende tempels” vir die inwonende teenwoordigheid van God, ontwerp om ons fisiese wêreld prakties te beinvloed.


Die wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van Sy Seun, sodat sy Seun baie broers kan hê van wie Hy die Eerste is.  Romeine 8:29 (AFR83)

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Nuwe Lewe:  10-dae Leesplan deur Doxa Deo

Daar is 'n kwaliteitslewe wat vir ons beskikbaar is wanneer ons die Here werklik leer ken. As jy die basis van jou nuwe lewe wil verstaan, is hierdie leesplan vir jou bedoel.

Ons wil graag Doxa Deo bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.doxadeo.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid