Leesplan inligting

Nuwe Lewe: 10-dae Leesplan deur Doxa DeoVoorbeeld

Nuwe Lewe:  10-dae Leesplan deur Doxa Deo

DAG 6 VAN 10

My Nuwe Identiteit 


'n WONDERWERK HET GEBEUR


Een van die grootste wonderwerke wat jy ook sal beleef het pas plaas gevind; jy is nou aan die begin van ‘n nuwe en opwindende lewe.


God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus. Deur Hom het ons in die geloof ook die vrye toegang verkry tot hierdie genade waarin ons nou vasstaan. En ons verheug ons ook in die hoop om deel te hê aan die heerlikheid van God. Romeine 5:1-2


Deur dit te doen, het Hy ons die kosbaarste en allergrootste gawes geskenk wat Hy belowe het. Daardeur kan julle die verderf ontvlug wat deur begeerlikheid in die wêreld werksaam is, en deel kry aan die Goddelike natuur. 2 Petrus 1:4


Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge? Dít: God is vir ons, wie kan dan teen ons wees? Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red. Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom uit genade skenk nie? Romeine 8: 31-32


Want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer. Filippense 2:13


'n NUWE NATUUR - GOD HET SELF IN JOU KOM LEEF:


Jesus antwoord hom: “As iemand My liefhet, sal hy my woorde ter harte neem; en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon.” Johannes 14:23 


Julle moet in my bly en ek in julle. ‘n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook as julle nie in my bly nie. “Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie. Johannes 15:4-5


Maar wie hom met die Here verenig, is geestelik een met Hom. Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie: 1 Korintiers 6:17, 19b


Deur Christus het ook julle deel geword van die volk van God toe julle die waarheid wat aan julle verkondig is, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het. In Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is, julle as die eiendom van God beseël. Efesiërs 1:13


Almal wat hulle deur die Gees van God laat lei, is kinders van God. Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is. Romeine 8:14, 16


VERLOS VAN DIE MAG VAN DIE DUISTERNIS


Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun wat Hy liefhet. Deur die Seun het ons die verlossing verkry, die vergewing van ons sondes. Kolossense 1:13-14


Jesus het nou eienaarskap van jou lewe oorgeneem. Hy gaan dit bestuur deur liefde en wysheid. Dit beteken geensins dat Hy gaan fout vind met alles in jou lewe nie; dit beteken dat Hy vir jou die waarheid in liefde sal wys; Hy sal daar wees deur jou te help om ‘n lewe van mislukking en frustrasie te vermy sodat jy in oorwinning kan lewe oor die vyand.


VREDE MET GOD


God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus. Romeine 5:1


Dan sê Hy verder: “Aan hulle sondes en hulle oortredings sal Ek nooit meer dink nie.” Hebreërs 10:17


God dink glad nie langer aan jou in terme van jou verlede nie (en jy behoort dit ook nie te doen nie) – daarom is daar vrede tussen jou en God. Is dit nie wonderlik nie? Onthou, saam met Jesus Christus is jy nou in ‘n wenspan.





MAAR IN AL HIERDIE DINGE IS ONS MEER AS OORWINNAARS DEUR HOM WAT VIR ONS LIEFHET. ROMEINE 8:37

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Nuwe Lewe:  10-dae Leesplan deur Doxa Deo

Daar is 'n kwaliteitslewe wat vir ons beskikbaar is wanneer ons die Here werklik leer ken. As jy die basis van jou nuwe lewe wil verstaan, is hierdie leesplan vir jou bedoel.

Ons wil graag Doxa Deo bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.doxadeo.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid