Leesplan inligting

Nuwe Jaar, Nuwe GenadeVoorbeeld

New Year, New Mercies

DAG 1 VAN 15

Lang storie kort ... die Christelike lewe, die kerk, ons geloof – gaan nie oor ons nie, dit gaan oor Hom – sy plan, sy koninkryk en sy heerlikheid.



Dit is werklik die stryd van alle stryde. Dit is teenstrydig met ons natuurlike instinkte. Dis die ding wat ons lewens deurmekaarkrap en konflik in ons verhoudings bring. Dis wat ons gedagtes aflei en ons begeertes gevange hou. Dit is die ding wat heelonder op ons lys is en waar genade nodig is. Dit is die een stryd waarvandaan 'n mens nie kan wegkom nie. Dit is die één plek waar ons almal redding nodig het. Dit is die geveg wat God om ons onthalwe veg, om ons te help onthou dat die lewe nie oor ons gaan nie. Dit gaan oor God – sy plan, sy koninkryk en sy heerlikheid. 



Dit is presies hoekom die eerste vyf woorde in die Bybel moontlik die belangrikste woorde is: “In die begin het God . . .” Dit is vyf ontsettend belangrike woorde. Hulle verander regtig alles; die manier waarop jy oor jou identiteit dink, die betekenis van die lewe en die manier waarop jy selfs die geringste van jou menslike handelinge aanpak. Alles wat geskep is, is deur God en vir God geskep. Al die heerlikhede van die geskape wêreld is ontwerp om na sy heerlikheid te wys. Die heelal is Syne en ontwerp om volgens sy plan en doel te funksioneer. Dit sluit jou en my in. Ons is nie geskep om onafhanklik en selfgedrewe te leef nie. Ons is nie geskep om te bestaan vir ons eie selfgesentreerde planne of te leef vir ons eie oomblikke van heerlikheid nie. Nee, ons is geskep om vir Hom te leef. 



Waar moet hierdie Godgesentreerde lewe uitdrukking vind? Dis nie bedoel om slegs in die geestelike dimensie van ons lewens uitdrukking te vind nie, maar in elke area van ons bestaan. Ek hou van die manier waarop Paulus dit in 1 Korintiërs 10:31 saamvat: "Of julle eet en of julle drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God." Wanneer Paulus daaroor dink om tot eer van God te leef, dink hy nie eers oor die groot lewensveranderde, selfbewuste geestelike oomblikke in die lewe nie. Nee, hy dink oor iets so alledaags en herhalend soos eet en drink. Selfs die skynbaar onbelangrike take in my lewe moet gevorm word deur die hartsbegeerte om God te eer. Ek weet nie van jou nie, maar in my besige lewe verloor ek God se bestaan uit die oog, wat nog te sê van sy heerlikheid! 



Kom ons begin die nuwe jaar deur te erken dat daar niks meer onnatuurlik vir ons is as om tot eer van mekaar te leef nie. Hierdie erkenning is nie die deur na wanhoop nie, maar na hoop. God het geweet dat jy nooit in jou sonde so sou leef nie, dus het Hy sy Seun gestuur om die lewe te lei wat jy nie kon nie, om namens jou te sterf en weer op te staan, en sonde en die dood te oorwin. Hy het dit gedoen sodat jy nie net vergewe kon word vir jou gehegtheid aan jou eie eer nie, maar dat jy genade kon kry om tot sy eer te leef. As jy erken dat jy hulp nodig het, vind jy die redding wat Hy alreeds deur sy Seun, Jesus, verskaf het. Vind vandag hoop deur weer redding te ontvang.



Leer meer  oor Nuwe Môre Genades: 'n Daaglikse Oordenking deur Paul David Tripp.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

New Year, New Mercies

Oor die loop van die volgende 15 dae sal Paul David Tripp jou herinner aan God se genade teenoor jou – waarhede wat nooit oud word nie. Wanneer "gedragsverandering" of 'n goeie spreuk nie genoeg is om jou nuut te maak ni...

More

Baie dankie aan Crossway wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.crossway.org/books/new-morning-mercies-hcj/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid