Leesplan inligting

Nuwe Jaar, Nuwe GenadeVoorbeeld

New Year, New Mercies

DAG 5 VAN 15

As jy vir 'n duisend jaar gehoorsaam is, word jy nie méér aanvaar as toe jy vir die eerste keer geglo het nie. Jou aanvaarding is op Christus se geregtigheid gebaseer en nie op joune nie.



Die feit is dat sonde 'n groter ramp is as wat ons dink dit is en genade is meer wonderbaar as wat ons in staat is om te begryp. Niemand wat werklik die Skrif verstaan waar dit praat oor die allesomvattende, persoonlikheidsveranderde aard van sonde, sou ooit kon dink dat enigiemand genoeg motivering en krag kan hê om aan God se standaard van volmaaktheid te voldoen nie. Iemand wat dink dat dit moontlik is vir 'n gevalle mens om enigiets te kan doen om deur God aanvaar te word, is heeltemal laf of leef onder 'n groot illusie. Tog dink ons almal dat ons meer regverdig is as wat ons is. Wanneer ons so dink, beweeg ons onmiddellik onder die wanindruk dat ons dalk nie so sleg in God se oë is nie. 



Dis waarom die werklikheidstoets van Romeine 3:20 so belangrik is. Paulus skryf: "Daarom sal geen mens op grond van wetsonderhouding deur God vrygespreek word nie ..." Al bid jy elke oomblik van jou lewe, sal jy nie genoeg gebede kan bid om God se aanvaarding te verdien nie. As jy elke sent van elke rand wat jy al ooit verdien het vir elke werk wat jy al gehad het gee, sal dit nie genoeg wees om God se aanvaarding te verdien nie. As elke woord wat jy al ooit uitgespreek het, met die reinste bedoelings gedoen is, sal jy nooit jou pad kan ooppraat tot versoening met God nie. As jy jouself toewy aan 'n ononderbroke, oomblik-tot-oomblik bediening, sou jy nie genoeg mense kon bearbei om God se guns te verwerf nie. Sonde is te groot. God se standaard is te hoog. Dit is bo enige mens op hierdie aarde se vermoëns. 



Dit is hoekom God sy Seun uit liefde gestuur het: "Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was" (Romeine 5:8). Daar was nie en daar is nie 'n ander manier nie. Daar is net een pad na God se aanvaarding – Christus se geregtigheid. Sy geregtigheid word op ons rekening oorgeplaas. Sondaars word in die teenwoordigheid van 'n heilige God verwelkom te danke aan die volmaakte gehoorsaamheid van Iemand anders. Christus is ons hoop, ons rus en ons vrede. Hy het volkome aan God se vereistes voldoen, sodat ons nooit weer in ons sonde, swakheid en mislukking, bang hoef te wees vir God se woede nie. Dit is wat genade doen! Dus, as kinders van genade, gehoorsaam ons Hom as 'n gebaar van aanbidding, en nie in 'n desperate poging om die onmoontlike te doen – deur te probeer om God se guns uit ons eie te verdien nie. 


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

New Year, New Mercies

Oor die loop van die volgende 15 dae sal Paul David Tripp jou herinner aan God se genade teenoor jou – waarhede wat nooit oud word nie. Wanneer "gedragsverandering" of 'n goeie spreuk nie genoeg is om jou nuut te maak ni...

More

Baie dankie aan Crossway wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.crossway.org/books/new-morning-mercies-hcj/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid