Leesplan inligting

Nuwe Jaar, Nuwe GenadeVoorbeeld

New Year, New Mercies

DAG 9 VAN 15

As 'n gelowige, lei vrees daarna dat ons God vergeet. As God oppermagtig is en sy heerskappy voldoende, vol wysheid, regverdigheid en goedheid, waarom sou jy dan vrees?



Die woorde van Hiskia, die koning van Juda, is vandag nog net so waar as wat dit op daardie vreesaanjaende oomblik eeue en eeue gelede was toe dit die eerste keer uitgespreek is. Juda is ingeneem deur Sanherib, die magtige koning van Assirië. Hiskia het Juda voorberei en bewapen vir 'n geveg, maar dit was nie al wat hy gedoen het nie. Hy het sy mense oor 'n belangriker kwessie toegespreek. Hy het geweet dat God se mense in sulke oomblikke bang sou wees en hy het geweet waar daardie vrees vandaan kom. Dikwels, in sulke uitdagende situasies, sou God se mense paniekerig wees omdat hulle vergeet het in wie hul identiteit lê. Hulle sou vergeet wie hulle as God se kinders is en sou ook vergeet wie God, in sy almag en heerlikheid is. Op daardie oomblik het Hiskia geweet dat hy net nie 'n goeie koning en ervare generaal moes wees nie, hy moes ook 'n wyse geestelike leier vir sy mense wees. 



Terwyl hulle voorbereidings getref het vir die Assiriese aanslag, wou Hiskia nie hê dat die mense van Juda moes dink dat hulle aan hulle eie dapperheid, oorlogservaring en vaardigheid met wapens oorgelaat was nie. Hy wou hê dat hulle moes weet dat hulle baie geseënd was met iets anders, iets wat hulle nie kon of moes vergeet nie. Hy sê toe: "Wees sterk, wees dapper, moenie bang wees nie, moenie skrik vir die koning van Assirië en die menigte by hom nie. By ons is meer as by hom. By hom is menslike mag, by ons is die Here ons God wat ons sal help en ons oorlog sal veg” (2 Kronieke 32:7-8). 



Daar sal 'n oomblik wees wanneer jy vra: "Waar kan ek dapperheid vind vir hierdie situasie?" Hiskia gee vir jou die antwoord: "Kyk na bo en onthou jou God." Jy, as God se kind, is nooit alleen in 'n geveg nie. 


Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

New Year, New Mercies

Oor die loop van die volgende 15 dae sal Paul David Tripp jou herinner aan God se genade teenoor jou – waarhede wat nooit oud word nie. Wanneer "gedragsverandering" of 'n goeie spreuk nie genoeg is om jou nuut te maak ni...

More

Baie dankie aan Crossway wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.crossway.org/books/new-morning-mercies-hcj/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid