Leesplan inligting

Nuwe Jaar, Nuwe GenadeVoorbeeld

New Year, New Mercies

DAG 2 VAN 15

Rus is nie daarin te vinde om jou lewe te probeer uitpluis nie, jy vind net rus as jy op die Een vertrou wat alles klaar tot jou voordeel en vir sy heerlikheid beplan het.



Ons was met ons twee seuntjies op pad na die plaaslike winkelsentrum toe die driejarige uit die bloute vra: "Pappa, as God alles gemaak het, het hy lamppale ook gemaak?" Soos enige ander ouer van klein kindertjies wat oneindige vrae vra, het ek gewonder: "Hoe gaan ons nou in hierdie gesprek uitkom waar ons moet wees?" Of ons dink: "Hoekom tog altyd hierdie "hoekom" vrae?" 



Die mens het 'n diepe begeerte om dinge te weet en te verstaan. Ons wy daagliks baie van ons denke daaraan om dinge te beredeneer. Ons leef nie volgens instink nie. Ons is almal teoloë. Ons is almal filosowe. Ons is almal argeoloë wat in ons eie lewens ingrawe om sin te maak uit die lewe wat ons verhaal vorm. Hierdie godgeskape verstandelike motivering word vergesel deur wonderlike en geheimsinnige analitiese talente. Hierdie dryfkrag en talente onderskei ons van die res van die skepping. Hulle is heilig, en deur God geskep om ons nader aan Hom te trek, sodat ons Hom kan ken en onsself kan verstaan in die lig van sy bestaan en sy wil. 



Sonde maak egter hierdie dryfkrag en talente gevaarlik. Dit lei ons in die versoeking om te dink dat ons ons eie harte kan vind deur alles self uit te pluis. Dis die "as-ek-dit-net-kan-verstaan-sal-ek-veilig-wees" manier van lewe. Dit werk nooit nie. In jou slimste oomblikke sal jy steeds met 'n raaisel sit; soms is dit 'n pynlike raaisel. Almal staar dinge in die gesig wat nie lyk of dit sin maak of enige goeie doel dien nie. Rus is dus nooit te vinde in die strewe om alles te verstaan nie. Nee, rus word net gevind as jy die Een vertrou wat alles verstaan en dit begeer tot sy eer en tot jou voordeel. 



Min skrifgedeeltes stel dit beter as Psalm 62:6-8: "Net by God vind ek rus, want op Hom vertrou ek. Net Hy is my rots en my redding, my veilige vesting, sodat ek stewig staan. God is my redding en my krag. Hy is my rots, my sterkte, God is my toevlug." 



In die tye wanneer jy wens dat jy geweet het wat jy nie mag weet nie, kán jy rus vind. Daar is Een wat weet. Hy het jou lief en beheer, tot jou beswil, dit wat jy nie verstaan nie.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

New Year, New Mercies

Oor die loop van die volgende 15 dae sal Paul David Tripp jou herinner aan God se genade teenoor jou – waarhede wat nooit oud word nie. Wanneer "gedragsverandering" of 'n goeie spreuk nie genoeg is om jou nuut te maak ni...

More

Baie dankie aan Crossway wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.crossway.org/books/new-morning-mercies-hcj/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid