Leesplan inligting

Nuwe Jaar, Nuwe GenadeVoorbeeld

New Year, New Mercies

DAG 7 VAN 15

Jy het dit elke dag nodig. Ek en jy kan eenvoudig nie daarsonder lewe nie. Wat is dit? Die inwonende teenwoordigheid van die Heilige Gees.



Ek weet nie waar ek was toe die kennisgewing uitgestuur is nie. Ek is nie seker hoekom ek die bespreking misgeloop het nie. Ek kan nie verduidelik hoekom ek hierdie jammerlike leemte in my begrip van die evangelie gehad het nie. Ek kan nie vir jou sê waarom hierdie stuk in my teologiese raamwerk ontbreek het nie, maar dit is so, en die feit dat dit ontbreek het, het my Christelike lewe ellendig gemaak. 



Die funksionele teologie van my lewe as kind van God was: Ek het geweet dat ek God se vergifnis deur genade ontvang het, en ek het geweet dat ek, deur genade, toegang tot die ewigheid gekry het, maar ek het gedog ek moes maar net uithou en aanhou tot dan. Dit was my verantwoordelikheid om sonde te herken, om dit uit my lewe uit te sny en om 'n beter, meer Bybelse lewe te lei. Ek het dít probeer, eerlikwaar; ek het probeer en uitgevind dat dit nie werk nie. Ek het oor en oor misluk. Dit het gevoel of ek meer kere misluk as wat ek suksesvol was. Ek het net meer gefrustreerd en ontmoedig geword. Dit het gevoel asof ek 'n speletjie moes speel waarvoor ek nie opgewasse was nie, terwyl iemand noukeurig telling gehou het. Ek kan die keer op universiteit onthou toe alles tot op 'n punt gedryf was. Dit was sesuur in die oggend, en ek het stiltetyd gehou, wat ek eintlik nie wou doen nie, toe ek my kop uiteindelik op die lessenaar laat sak en uitgeroep het: "Ek kan nie doen wat U my vra om te doen nie!" Ek lees toe die volgende hoofstuk in my daaglikse Bybelstudie, en deur God se genade, was dit Romeine 8. 



Ek het die hoofstuk oor en oor gelees; spesifiek hierdie woorde: "As julle julle lewe deur die sondige natuur laat beheers, gaan julle die dood tegemoet, maar as julle deur die Gees 'n einde maak aan julle sondige praktyke, sal julle lewe" (Romeine 8:13). Dit was asof vuurwerke in my kop afgegaan het. God het geweet dat my nood as 'n sondaar so groot was, dat dit nie voldoende was dat Hy my net vergewe nie, maar dat Hy binne-in my moes kom leef, anders sou ek nie kon word wat ek herskep was om te wees of doen waarvoor ek wedergebore was nie. 



Ek het die teenwoordigheid en krag van die Heilige Gees in my nodig, want sonde steel die begeertes van my hart, verblind en verlam my. My probleem is nie net die skuldgevoel van sonde nie, dit is ook die onvermoë van sonde. God gee dus vir sy kinders die oortuiging, die sig, die begeerte om iets te skep en die kragtige teenwoordigheid van die Heilige Gees. Dit kan nie beter gestel word soos deur Paulus aan die einde van sy bespreking oor die gawe van die Heilige Gees nie: "... [wat] julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon" (Romeine 8:11). 


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

New Year, New Mercies

Oor die loop van die volgende 15 dae sal Paul David Tripp jou herinner aan God se genade teenoor jou – waarhede wat nooit oud word nie. Wanneer "gedragsverandering" of 'n goeie spreuk nie genoeg is om jou nuut te maak ni...

More

Baie dankie aan Crossway wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.crossway.org/books/new-morning-mercies-hcj/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid