Leesplan inligting

Nuwe Jaar, Nuwe GenadeVoorbeeld

New Year, New Mercies

DAG 6 VAN 15

Tevredenheid vier genade. Die tevrede hart word deur die Gewer tevrede gestel en smag daarom nie na nog verdere gawes nie.



Sonde veroorsaak twee betekenisvolle dinge in ons. Eerstens, plaas dit onsself in die middel van ons eie wêreld en veroorsaak dat die lewe net om onsself draai. In ons selfgesentreerdheid word ons deur ons begeertes, behoeftes en gevoelens gemotiveer, en dus is ons geneig om meer bewus te wees van wat ons nie het nie, as van die baie wonderlike seëninge wat ons wel gekry het. Daar is egter nog meer; omdat ons op onsself fokus, is ons geneig om telling te hou en gereeld ons goed met ander s'n te vergelyk. Dit is 'n lewe van ontevredenheid en afguns. Afguns is altyd selfsugtig. 



Daar is 'n tweede ding wat sonde aan ons doen, wat net so betekenisvol is. Dit laat ons horisontaal soek vir die dinge wat net vertikaal gevind kan word. Ons kyk na die skepping vir lewe, hoop, vrede, rus, tevredenheid, identiteit, ons lewensdoel, innerlike vrede en motivering om voort te gaan. Die probleem is dat niks in die skepping jou hierdie dinge kan gee nie. Die doel van die skepping was nooit om jou hart te bevredig nie. Die doel van die skepping is om jou na die enigste Een te lei wat die vermoë het om jou hart te bevredig. Baie mense sal vandag opstaan en op een of ander manier die skepping vra om hul redder te wees, met ander woorde, om vir hulle te gee wat net God kan gee. 



"Daar is niks in die hemel of op die aarde wat vir my meer beteken as U nie. Al is ek afgetakel na liggaam en gees, God is my sterkte; aan Hom behoort ek vir altyd" (Psalm 73:25-26). Dit is die woorde van 'n man wat geleer het wat die geheim van tevredenheid is. Wanneer jy met die Gewer tevrede is omdat jy in Hom die lewe gevind het waarna jy gesoek het, is jy vry van die soeke na bevrediging wat so baie mense se lot is. Ja, dis waar dat jou hart slegs sal rus wanneer dit rus in Hom gevind het. 



Een van die mooiste vrugte van genade is dit – 'n hart wat tevrede is, wat meer op aanbidding ingestel is as op eise en wat meer gesteld is op die vreugde van dankbaarheid as die angs wat gepaardgaan met begeertes. Dit is genade, en slegs genade, wat hierdie soort vredevolle lewe vir elkeen van ons moontlik kan maak. Wil jy nie vandag uitreik na daardie genade nie? 


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

New Year, New Mercies

Oor die loop van die volgende 15 dae sal Paul David Tripp jou herinner aan God se genade teenoor jou – waarhede wat nooit oud word nie. Wanneer "gedragsverandering" of 'n goeie spreuk nie genoeg is om jou nuut te maak ni...

More

Baie dankie aan Crossway wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.crossway.org/books/new-morning-mercies-hcj/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid