Leesplan inligting

Die NalatenskapsreisVoorbeeld

The Legacy Journey

DAG 6 VAN 31

Vir ons Genot



Ek moet eerlik met jou wees. As jy die dinge waaroor ons praat oor ‘n lang tydperk doen, gaan jy rykdom opbou. Dit is nie ‘n magiese belofte van 'n voorspoedsteologie nie. Dit is wat ons duidelik in die Woord sien. Die ywerige mens is voorspoedig en die getroue bestuurder kry meer om te bestuur.



Die Bybel is net so duidelik oor iets anders. Geld kan gevaarlik wees. Dit is ‘n kragtige werktuig en dit is presies waarom God dit nie vir geestelike kinders gee nie. Rykdom kan verleidend wees, dus moet jy dit met ‘n volwasse houding benader.



Een groot fout wat mense — insluitende baie Christene — met geld maak, is om die Voorsiener te verwar met die dinge wat Hy voorsien. Jy sien, geld is net ‘n metode wat God gebruik om ons te laat beweeg deur Nou, Dan, Ons en Hulle. Dit is ‘n werktuig. Maar ons aanbid nie ‘n werktuig nie. Ons aanbid nie die metode nie. Ons aanbid die Voorsiener.



In 1 Timoteus 6:17 skryf Paulus dat God materiële dinge aan ons gee om te geniet. Uit God se perspektief is rykdom nie boos nie en rykdom maak ook nie mense boos nie. Dit is ‘n leuen wat deur ons samelewing versprei word, maar dit bots met wat die Bybel sê. God wil hê dat ons die meeste moet maak van dit wat Hy aan ons gegee het. Maar ons moet versigtig wees.



Paulus sê ook dat ons nie ons hoop op die “onsekerheid van rykdom” moet vestig nie. Ons het die geneigdheid in ons menslike harte om afgode te aanbid. En wanneer ons geestelik onvolwasse is, kan ‘n klomp geld maklik ‘n afgod raak. Maar jy kan nie jou waarde of sekuriteit uit rykdom kry nie. Dit sal jou elke keer teleurstel.



Martin Luther het op ‘n tyd gesê: “Ek het baie dinge in my hande vasgehou en ek het alles verloor; maar dit wat ek in God se hande geplaas het, besit ek nog steeds.” Met ander woorde; moet nooit vergeet dat alles eintlik aan God behoort nie. Strewe daarna om ‘n getroue bestuurder te wees van dit wat Hy jou gegee het om te geniet. Geniet mooi goed met God se seën — maak net seker dat jou mooi goed jou nooit besit nie.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

The Legacy Journey

Dave Ramsey is Amerika se betroubare stem oor geldbestuur en besigheid. Na sy eie bankrotskap op die ouderdom van 30, het Dave begin leer hoe God wil hê dat geld bestuur moet word. Dave wy homself nou daaraan toe om ande...

More

Ons dank gaan aan Dave Ramsey wat hierdie plan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: daveramsey.com/legacy

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid