Leesplan inligting

Die NalatenskapsreisVoorbeeld

The Legacy Journey

DAG 11 VAN 31

Die Wet van Groot Wins



Ek is al vir meer as 20 jaar betrokke by finansiële opleiding. Ek kry ook die geleentheid om amper elke dag vir drie ure met mense regoor Amerika oor die radio te praat. Ek het een-tot-een gesprekke by geleenthede en ek het al tallose ander deur boeke bereik. Ek het self baie op hierdie pad geleer.



Byvoorbeeld, ek dink ek het die magtigste finansiële beginsel wat daar is, ontdek. As jy hierdie een regkry, help dit jou uit die skuld en leer dit jou hoe om met minder te lewe as wat jy verdien. Dit daag jou uit om te spaar en te belê, sodat jy ‘n nalatenskap kan bou wat jou nageslag sal verander. Dit verander jou perspektief oor vrygewigheid en stel jou vry om ‘n invloed in God se koninkryk te hê.



As jy nié regkry nie, sal dit ‘n negatiewe effek op al hierdie areas hê.



Wat is hierdie lewensveranderende finansiële beginsel? Tevredenheid.



In 1 Timoteus 6:6–8 sê Paulus vir sy jong vriend, Timoteus, dat tevredenheid die sleutel tot groot wins is. Hoekom? Want tevredenheid help jou om rykdom in die regte perspektief te sien. Dit herinner jou daaraan dat jy niks in die wêreld ingebring het nie en dat jy ook niks met jou saamneem wanneer jy die wêreld verlaat nie. Daarom, terwyl daar in jou basiese behoeftes voorsien word, kan jy tevrede wees.



Om van tevredenheid te praat in die materialistiese kultuur waarin ons leef, is soos om ‘n vreemde taal te praat. Tevredenheid balanseer egter ons drange om ons doel te bereik en ons begeerte om dinge te hê. Dit sê: “Ek gaan werk om beter te word, maar ek gaan ook tevrede wees terwyl ek dit doen.” Terwyl jy dus prestasie gedrewe is, beoefen ook opregte tevredenheid. Behou perspektief van dít wat die meeste saak maak en wees dankbaar teenoor God vir alles wat jy het en wat jy is.



“Vroomheid saam met tevredenheid is 'n groot wins.” Dit is nie ‘n boodskap van voorspoed nie. Dit is ‘n boodskap van verantwoordelikheid.



Dit is ‘n beginsel wat ons moet aanvaar soos ons verder gaan op Die Nalatenskapsreis. Om meer te leer oor tevredenheid en om ‘n Bybelse raamwerk oor jou geld aan te neem, besoek daveramsey.com/legacy.


Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

The Legacy Journey

Dave Ramsey is Amerika se betroubare stem oor geldbestuur en besigheid. Na sy eie bankrotskap op die ouderdom van 30, het Dave begin leer hoe God wil hê dat geld bestuur moet word. Dave wy homself nou daaraan toe om ande...

More

Ons dank gaan aan Dave Ramsey wat hierdie plan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: daveramsey.com/legacy

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid