Leesplan inligting

Die NalatenskapsreisVoorbeeld

The Legacy Journey

DAG 5 VAN 31

Hulle: Bereik Jou Wêreld



As jy lewe soos niemand anders nie, kan jy later lewe — en gee — soos niemand anders nie. Jy het in die eerste stappe van Die Nalatenskapsreis gesien hoe dit gebeur. Jy het gesien hoe jy kan vorder van die druk van Nou tot die toekomsfokus van Dan. Jy het ook gesien hoe jy jou stamboom kan verander in Ons.



Die finale stap neem die raamwerk na ‘n nuwe vlak soos wat die geleenthede om ‘n blywende nalatenskap te skep eenvoudig ontplof. Jou familie het sekuriteit, maar jou visie hou aan om uit te brei. Jy begin om die nood rondom jou raak te sien en ook die ewige impak wat jy op die wêreld kan hê.



Jy het die stadium bereik wat Hulle genoem word.



In Hulle hou die visie wat jy ontwikkel op om net joune te wees. Dit word ‘n koninkryksvisie, want jy begin sien dit deur Christus se oë!



Dit daag jou uit om deel te wees van die oplossings regoor die wêreld. Jy dra by tot MIV voorkoming in Afrika. Jy koop muskietnette om malaria in Sentraal-Amerika te beveg. Jy dra by om boorgate vir die weeskinders in Haïti te voorsien.



Jy sien ook die diepe nood in jou eie omgewing raak. Jy sien die honger kind onder in die straat, of die enkelouer, wat naby jou in die kerk sit, wie se elektrisiteit afgesny gaan word. In Hulle het jy die hulpbronne om ander mense se wêreld te verander — en hulle mag nooit uitvind dat dit jy was nie! Dit is waar die genot lê!



Deur ander te seën, laat jy God toe om jou te seën. Dit is die waarheid van Spreuke 28:27 — dié wat in ander belê, ervaar voorspoed, omdat God meer aan hulle kan toevertrou.



Jy kan nie al hierdie dinge doen terwyl jy bankrot is nie; ook nie voor jy nie vir jou gesin se sekuriteit gesorg het nie. Maar soos jy verder stap op Die Nalatenskapsreis — van Nou tot Dan tot Ons tot Hulle — vra vir God om ander se nood aan jou uit te wys. Begin om ‘n koninkryksverskil te maak daar waar jy is, terwyl jy bou aan die nalatenskap waarheen God jou lei.



God besit alles en ons is net bestuurders. Dit is die leidende beginsel van Die Nalatenskapsreis, wat jou leer hoe om jou geld te laat groei, dit verantwoordelik te bestuur en dit te deel om ‘n impak op die wêreld te maak. Besoek daveramsey.com/legacy om meer te leer.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

The Legacy Journey

Dave Ramsey is Amerika se betroubare stem oor geldbestuur en besigheid. Na sy eie bankrotskap op die ouderdom van 30, het Dave begin leer hoe God wil hê dat geld bestuur moet word. Dave wy homself nou daaraan toe om ande...

More

Ons dank gaan aan Dave Ramsey wat hierdie plan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: daveramsey.com/legacy

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid