Leesplan inligting

Die NalatenskapsreisVoorbeeld

The Legacy Journey

DAG 7 VAN 31

Persoonlike Dissipline



As kind het ek in Tennessee grootgeword en was lief daarvoor om saam met my vriende fiets te ry. Natuurlik het my fiets nie al die spoggerige bybehore gehad wat jy vandag sien nie. Daardie tyd het dit een rat gehad, en dit het een enjin gehad: my twee bene. En daardie bene moes redelik hard werk, want ons het nie baie plat vlaktes in Tennessee nie. Jy gaan óf op óf jy gaan af.



Baie kere, terwyl ek ry, sou ek opkyk en die pad voor my sien reguit opgaan! Wanneer die heuwel regtig steil was, sou ek van regs na links begin kruis om my momentum te behou. Ek sou veg en ek sou sukkel om bo-op die heuwel te kom. Net so baie kere was ek lus om tou op te gooi.



Maar ek het dit nooit gedoen nie.



Waarom? Omdat die rit heuwel-af elke stukkie energie wat dit geverg het om bo te kom, die moeite werd gemaak het.



Dit is jou bestemming vir Die Nalatenskapsreis. Jy wil die plek bereik waar jy afdraand gaan. Jy wil daardie lekker plek bereik waar jou beleggings en spaargeld eintlik meer verdien as wat jy by jou werk verdien.



Dit word die toppunt genoem, en dit is 'n goeie plek om te wees. Jy kom egter nie maklik daar nie. Dit verg baie harde werk oor 'n lang tydperk, en dit verg baie dissipline.



Hebreërs 12:11 beklemtoon dat dissipline selde pret is, maar dit is geweldig nodig. Die pyn van die oomblik is baie werklik, maar diegene wat die prys betaal, wen uiteindelik.



Die Nalatenskapsreis is regtig nie die maklike pad nie. Baie dele van die pad loop opdraand. Maar wanneer jy bo kom, kan jy by die anderkant afgaan. God glimlag dan ook omdat jy 'n getroue dienaar was. Hy geniet die rit saam met jou.



En dit is 'n wonderlike gevoel.



Byt dus vas. Bly gedissiplineerd en doen die harde werk wat nodig is om 'n nalatenskap te bou wat sal standhou. Dit sal jou lewe en jou toekoms verander.



Om meer te wete te kom oor die skep van 'n gesonde beleggingsplan en om jou toppunt te bereik, besoek daveramsey.com/legacy.


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

The Legacy Journey

Dave Ramsey is Amerika se betroubare stem oor geldbestuur en besigheid. Na sy eie bankrotskap op die ouderdom van 30, het Dave begin leer hoe God wil hê dat geld bestuur moet word. Dave wy homself nou daaraan toe om ande...

More

Ons dank gaan aan Dave Ramsey wat hierdie plan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: daveramsey.com/legacy

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid