Leesplan inligting

Die NalatenskapsreisVoorbeeld

The Legacy Journey

DAG 9 VAN 31

Veiligheid in Raadgewing



Ek het besef dat ek 'n groot probleem het toe ek begin huise verkoop het. Ek weet dit is moeilik om te glo, maar ek het net heeltemal té veel gepraat. Ek sou kliënte bombardeer met feite oor eienskappe, kontrakte, die woonbuurt statistieke en allerhande dinge. Meermale het ek myself uit die verkoop van 'n eiendom gepraat.



Uiteindelik het ek geleer hoe om beter te luister. Ek het ook geleer om nie met ‘n oorvloed van nuttelose woorde die proses ingewikkeld te maak nie.



Om te belê, kan ook so raak. Wanneer “kenners” begin praat oor opsies, streke en strategieë, raak jou oë sommer dof. Uiteindelik gee jy sommer heeltemal op, of jy teken wat ook al die adviseur voor jou neersit — en nie een van die twee is wys nie.



Die waarheid is dat baie mense wat ryk word, dinge ongelooflik eenvoudig hou. Die feit is, jy moet nooit in iets belê wat jy nie verstaan nie, en jy moet nooit iets koop wat jy nie aan iemand anders kan verduidelik nie.



Dit is waar die waarheid van Spreuke 11:14 in jou finansiële beplanning van toepassing word. Wyse raadgewers sal by jou sit en jou help om te verstaan wat jy moet weet en hoekom. Hulle sal ook help voorkom dat jy besluite neem waaroor jy later spyt gaan wees.



Ek praat nie van mense wat op jou neersien en jou dom laat voel nie. Ek praat nie van mense wat jou wil intimideer nie. Daar is sulke mense en hulle moet net drie woorde van jou hoor: “Jy is afgedank!”



In plaas daarvan, het jy ‘n wyse raadgewer nodig met die hart van ‘n leerkrag. ‘n Finansiële raadgewer is ‘n uiters belangrike lid van jou span, soek dus een wat alles aan jou verduidelik en wat jou lei om die beste moontlike keuses te maak.



Jou nalatenskap is op die spel. Vertrou op raadgewers wat jou op die regte pad sal hou.



As jy beleggingsadvies wil hê van iemand met die hart van ‘n leerkrag, kontak een van ons “Endorsed Local Providers”. Hulle is deskundiges in jou stad wat jou kan help om jou beleggingstoekoms te beplan. Om meer te leer, besoek daveramsey.com/elp.


Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

The Legacy Journey

Dave Ramsey is Amerika se betroubare stem oor geldbestuur en besigheid. Na sy eie bankrotskap op die ouderdom van 30, het Dave begin leer hoe God wil hê dat geld bestuur moet word. Dave wy homself nou daaraan toe om ande...

More

Ons dank gaan aan Dave Ramsey wat hierdie plan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: daveramsey.com/legacy

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid