Leesplan inligting

Die NalatenskapsreisVoorbeeld

The Legacy Journey

DAG 8 VAN 31

Verminder die Risiko



As ‘n onderwyser en skrywer, is een van my riglyne dat ek nie “R100 woorde” gebruik nie. Hierdie is woorde wat boekgeleerd en lomp klink, al beteken hulle in werklikheid iets eenvoudigs. Baie finansiële mense dink dat groot woorde hulle gesofistikeerd laat klink, maar ek verkies om dinge eenvoudig en duidelik te stel.



"Diversifikasie" is een van die terme wat die “kenners” graag gebruik om slim te klink, maar ek gee nie om om die wind uit hulle seile te neem nie. Diversifikasie beteken slegs "om te versprei.” Jou ouma sou dit dalk beter verduidelik het met: “Moenie al jou eiers in een mandjie pak nie.”



Hoe jy ook al daarna kyk, die idee is dieselfde. Deur jou beleggings te versprei, verminder jy die risiko.



Dink daaroor. As jy al jou geld in ‘n enkele maatskappy se aandele belê, wat sal gebeur as daardie maatskappy ten gronde gaan? As iemand die mandjie laat val, breek al die eiers! Dit is veral waar wanneer jy jou hele pensioen in jou maatskappy belê, want as die maatskappy bankrot speel, verloor jy jou werk én jou hele pensioen.



Dit is nie net mý raad nie. Die Bybel verwys eintlik na diversifikasie as ‘n slim idee. Prediker 11:2 sê aan ons om ons bronne in verskeie ondernemings te belê, want so hou ons onheil van ons af weg.



Oor die afgelope jare het die markte probleme ondervind. Natuurrampe, terrorisme, politieke drama, hoë werkloosheid, resessie en ander faktore het sommige enkel-mandjies hard geslaan. Daar was oral gebreekte eiers. Slegs die individue wat hulle beleggings oor verskeie opsies versprei het, was beskerm.



Dink so daaraan: geld is baie soos kraalmis. Los dit op een hoop en dit begin stink. Wanneer jy dit egter uitsprei, begin dinge groei.



Jy het dalk nog nooit so daaraan gedink nie, maar dit is waar. Evalueer dus die diversifikasie van jou beleggings. As jy té veel op een plek belê het, praat met ‘n raadgewer, wat die hart van ‘n leerkrag het, oor hoe jy jou beleggings kan versprei.



Diversifikasie verminder risiko. En dit maak dit ‘n belangrike — en Bybelse — deel van Die Nalatenskapsreis.


Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

The Legacy Journey

Dave Ramsey is Amerika se betroubare stem oor geldbestuur en besigheid. Na sy eie bankrotskap op die ouderdom van 30, het Dave begin leer hoe God wil hê dat geld bestuur moet word. Dave wy homself nou daaraan toe om ande...

More

Ons dank gaan aan Dave Ramsey wat hierdie plan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: daveramsey.com/legacy

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid