Leesplan inligting

Die NalatenskapsreisVoorbeeld

The Legacy Journey

DAG 10 VAN 31

Nie so Haastig Nie



Ek het nie bankrot gespeel omdat ek iets immoreel gedoen het nie. Ek het niemand verneuk of enige reëls oortree nie. Ek het alles verloor omdat ek ‘n huis van kaarte met ‘n groot hoop skuld gebou het. Nadat ek jare daaraan gewy het om te bestudeer wat doe Woord van God oor geld sê, besef ek dat ek ook elke moontlike Bybelse beginsel oor geld oortree het.



Ek sal egter vir jou dít sê ... ek sal nooit weer daardie fout maak nie!



Een van die belangrikste beginsels wat ek gemis het, kom uit Spreuke 28:20: "'n Betroubare man is baie voorspoedig, een wat gou ryk wil word, sal sy straf kry."



Ek kon dit self nie beter gesê het nie!



Jy wen nie finansieël met gewaagde opsies en kortpaaie nie. Jy wen deur toewyding en volharding. Dis baie eenvoudig — dalk selfs vervelig. Honderde gesprekke met welgestelde mense het my oortuig dat jy nie vinnig ryk word nie.



Die Nalatenskapsreis is beslis nie 'n “vinnig ryk word” reis nie. Dit gaan alles oor "toewyding en uithouvermoë". Dit is baie soos die skilpad en die haas se storie. Stadige en bestendige inspanning, gekombineer met wysheid, lei tot sukses. Ek het dus geleer om met stadig en bestendig tevrede te wees. In elk geval, elke keer as ek die storie lees, wen die skilpad.



Dit is hoe jy te werk moet gaan om rykdom en ‘n nalatenskap op te bou. Laat tyd jou beste vriend wees. Wees standvastig. Volhard. As jy is, sal jy uiteindelik wen.



Die ontwikkeling van ‘n langtermyn plan en om daarby te hou, is die sleutel tot die opbou van ‘n blywende nalatenskap vir jou en jou gesin. Die Nalatenskapsreis neem jou deur hierdie proses, om te verseker dat jou toekoms veilig is. Besoek daveramsey.com/legacy om meer te leer.


Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

The Legacy Journey

Dave Ramsey is Amerika se betroubare stem oor geldbestuur en besigheid. Na sy eie bankrotskap op die ouderdom van 30, het Dave begin leer hoe God wil hê dat geld bestuur moet word. Dave wy homself nou daaraan toe om ande...

More

Ons dank gaan aan Dave Ramsey wat hierdie plan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: daveramsey.com/legacy

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid