Leesplan inligting

Die NalatenskapsreisVoorbeeld

The Legacy Journey

DAG 31 VAN 31

Die Geskenk van ‘n Nalatenskap



Craig Groeschel, die pastoor van een van die grootste kerke in Amerika, het ‘n vraag gevra wat my onlangs baie laat dink het: “Hoekom is dit dat die enigste seën van God waarvoor ons om verskoning vra, rykdom is?”



Dit is werklik ‘n baie goeie vraag. En ek dink ek weet wat die antwoord is: baie mense verstaan nie dat rykdom eintlik ‘n seën van God is nie!



Ons leef in ‘n kultuur gevul met giftige stemme aangaande rykdom. Hierdie stemme probeer om ons skuldig te laat voel as ons dinge op die regte manier doen en dan voorspoed ervaar as gevolg van ons harde werk. Volgens hulle is ons veronderstel om sleg te voel wanneer ons produktiwiteit en kreatiwiteit tot sukses lei.



Dertig dae gelede het jy hierdie reis begin deur te kyk na Prediker 5:19. Nou het jy die sirkel voltooi. Jy het geleer van die krag van ‘n nalatenskap en hoe om daardie eerste tree te neem om iets te bou wat na jou leeftyd nog sal aangaan. Hierdie is ‘n goeie tyd om weer na Salomo se woorde te kyk: geld en rykdom is geskenke van God! Dit is ‘n beloning vir eerbare, harde werk.



Beweeg vorentoe in daardie waarheid.



Ek wil jou uitdaag om die stemme wat sê rykdom is ‘n euwel, teë te staan. Ek wil hê dat jy rykdom opbou en met waardigheid aftree. Ek wil hê dat jy jou stamboom verander en jou gemeenskap heeltemal hervorm. Ek wil hê jy moet dink aan wat God se kinders vir God se koninkryk kan doen as hulle sonder skuld was en geld volgens God se beginsels hanteer het!



Onthou net dat jy geroep is om die rykdom van God se koninkryk te bou. Ek is nie geïntereseerd in jou wat dinge opgaar of dinge probeer gebruik net om jouself gelukkig te maak nie. Om rykdom te bou, gaan oor rentmeesterskap, nie eienaarskap nie. Dit gaan nie daaroor dat jy ryk word nie; dit gaan daaroor dat God ryk is en jy daardie rykdom tot sy eer bestuur.



Dit is die boodskap van Die Nalatenskapsreis. Jy het ‘n wonderlike eerste tree geneem met hierdie oordenking. Hou nou aan met stap!



Om meer te leer oor Die Nalatenskasreis, besoek asseblief daveramsey.com/legacy.


Dag 30

Aangaande hierdie leesplan

The Legacy Journey

Dave Ramsey is Amerika se betroubare stem oor geldbestuur en besigheid. Na sy eie bankrotskap op die ouderdom van 30, het Dave begin leer hoe God wil hê dat geld bestuur moet word. Dave wy homself nou daaraan toe om ande...

More

Ons dank gaan aan Dave Ramsey wat hierdie plan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: daveramsey.com/legacy

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid