Leesplan inligting

Die NalatenskapsreisVoorbeeld

The Legacy Journey

DAG 4 VAN 31

Ons: Sekuriteit vir Jou Gesin



Soos jy die pad stap deur die raamwerk van Die Nalatenskapsreis, oorkom jy jou belangrikste finansiële probleme in Nou. Daarna skep jy ‘n visie van waarheen jy wil gaan en hoe jy daar gaan kom in Dan.



Kom ek vertel jou wat volgende gebeur. Sodra jy geld begin spaar het en besef dat jy jou kinders deur universiteit kan kry en nog met waardigheid kan aftree, gebeur iets werklik merkwaardig: jou visie vergroot.



In die vroeë stadium het jy op jou toekoms gefokus — vergelyk dit met finansiële tonnel-visie. Jou sig was slegs vorentoe met laser-intensiteit. Soos jy verder vorentoe op Die Nalatenskapsreis beweeg, begin jy wyer om jou sien en jy begin oplet wat rondom jou aangaan. Jy begin om geleenthede te identifiseer om ‘n nalatenskap te bou — veral vir jou gesin.



Dit word Ons genoem.



In Nou het jy jou gesin beskerm. Jy het in hulle behoeftes voorsien, want dit was die onmiddellike uitdaging. Hierdie stap verander die Nou. Hierdie is nie net om in die huidige behoeftes te voorsien nie. Hierdie is om sekuriteit te bou vir die jare wat voorlê.



Spreuke 13:22 sê dat goeie mense iets van waarde nalaat. Hulle voorsien ‘n erflating wat, lank nadat hulle weg is, nog die koers van die lewens van hulle kinders en kleinkinders verander. Tydens Ons, leef jy daardie vers uit. Jy doen stappe om ‘n blywende nalatenskap te vestig wat jou stamboom sal verander.



Jy kan nie die verlede verander nie, maar jy kan die toekoms beïnvloed. Maak nie saak in watter toestand jou finansies voor Die Nalatenskapsreis was nie en ook nie hoe ver terug in die geslagte daardie patroon gegaan het nie, Ons gee jou die kans om ‘n omkeer te maak van finansiële foute.



Verbreed jou visie en begin bou aan ‘n nalatenskap wat jou kinders se kinders sal seën. Trek voordeel uit die krag wat God jou gegee het om ‘n verskil te maak in jou gesin — beide nou en vir jare vorentoe.



Om meer te leer oor hoe om ‘n blywende nalatenskap te bou vir die geslagte wat volg, besoek ons: Sekuriteit vir Jou Gesin.



daveramsey.com/legacy.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

The Legacy Journey

Dave Ramsey is Amerika se betroubare stem oor geldbestuur en besigheid. Na sy eie bankrotskap op die ouderdom van 30, het Dave begin leer hoe God wil hê dat geld bestuur moet word. Dave wy homself nou daaraan toe om ande...

More

Ons dank gaan aan Dave Ramsey wat hierdie plan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: daveramsey.com/legacy

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid