Leesplan inligting

Die NalatenskapsreisVoorbeeld

The Legacy Journey

DAG 3 VAN 31

Dan: Fokus Op Die Toekoms



Ons het gesê dat die eerste stap van Die Nalatenskapsreis — die Nou — van jou verwag om daarop te fokus om jou finansiële huis in orde te kry. Jy het geleer hoe om binne ‘n begroting te lewe en werk daaraan om jou skuld af te betaal. Jy maak stelselmatig vordering. En, miskien vir die eerste keer in ‘n lang tyd, ervaar jy hoop!



Nou help jou om aandag te gee aan jou belangrikste bekommernisse. Byvoorbeeld; jy behoort ‘n aanvanklike noodfonds van R10 000 op te bou. Jy moet ook ‘n plan saamstel om jou skuld af te betaal. Een manier — genoem die Skuld Sneeubal — raak eerste ontslae van jou kleinste skuld en gebruik dan wat jy daarop afbetaal het om die volgende kleinste skuld af te betaal. Dit laat jou klein oorwinnings ervaar soos jy jou pad oopwerk om eens en vir altyd heeltemal skuld-vry te wees. Wanneer jy skuld-vry is, kan jy jou noodfonds uitbrei om drie tot ses maande se onkostes te kan dek.



Wat gebeur volgende? Wat gebeur wanneer jy beheer neem van die dinge wat jou so lank onderdruk het?



Wel, jy beweeg van Nou tot wat ons noem "Dan".



In Dan begin die druk op jou so bietjie afneem en jy kan begin om jou kop op te lig. Jy begin verby jou huidige situasie kyk en begin dink aan wat vorentoe wag. Dan daag jou uit om op die toekoms te fokus.



Dan laat jou vorentoe beweeg. Jy begin spaar vir jou aftrede en vir jou kinders se universiteitsfonds. Jy begin om jou verband af te betaal. Die beste van alles is, jy begin besef dat daar ‘n toekoms is wat verder strek as jou volgende salaris.



Spreuke 29:18 sê dat mense sonder visie vergaan. Dan gee jou die vryheid om ‘n visie te hê, sodat jy kan floreer in die dae wat kom. Die alternatief is om te vergaan — en niemand wil dit hê nie!



Soos jy vorder op Die Nalatenskapsreis, lewe met ‘n visie wat jou passie aanvuur. Gebruik dan daardie passie om jou nalatenskap uit te brei na iets groter as wat jy ooit kon droom.



Om ‘n blywende nalatenskap te skep, gebeur nie per ongeluk nie. Jy moet dit bewustelik doen. Die Nalatenskapsreis sal jou ‘n dieper begrip gee oor beleggings, basiese boedelbeplanning, hoe om jou nalatenskap te beveilig en jou help om die sleutels te ontdek tot generasie welvaart en ware vrygewigheid. Besoek daveramsey.com/legacy om meer te leer.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

The Legacy Journey

Dave Ramsey is Amerika se betroubare stem oor geldbestuur en besigheid. Na sy eie bankrotskap op die ouderdom van 30, het Dave begin leer hoe God wil hê dat geld bestuur moet word. Dave wy homself nou daaraan toe om ande...

More

Ons dank gaan aan Dave Ramsey wat hierdie plan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: daveramsey.com/legacy

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid