Leesplan inligting

Die NalatenskapsreisVoorbeeld

The Legacy Journey

DAG 2 VAN 31

Nou: Voorsien Vir Jou Gesin



Ek het opgelet dat mense deur ‘n natuurlike proses gaan wanneer dit kom by die hantering van geld. Hulle begin basies bankrot — met agterstallige rekeninge en ‘n stryd om net genoeg kos op die tafel te kan sit. Sharon en ek was daar. Dit was ‘n ruk gelede, maar ek kan dit steeds onthou. Miskien is dit waar jy nou is.



In die Bybelse raamwerk van Die Nalatenskapsreis, word hierdie fase "Nou" genoem. Dit is die fase waar jy kop onderstebo is en al waaraan jy kan dink is nou, nou en nou. Jy word oorweldig deur wat op die huidige oomblik gebeur. Dit is alles daar reg voor jou, jy kan nie regtig oor ‘n toekoms droom nie, want jy probeer om net die hier en nou te oorleef.



Wel, hier is 'n bietjie goeie nuus. As dit is waar jy nou is, moet jy absoluut gefokus bly op die Nou. Jy moet ernstig wees oor jou huidige situasie. Om die waarheid te sê: om deur die Nou te kom is die eerste stap van jou nalatenskapsreis, want dit is waar jy beheer neem oor jou geld en begin om jou finansiële deurmekaarspul op te ruim. Jy maak seker dat jou Vier Mure — voedsel, skuiling en gebruiksartikels, kleding en vervoer — in plek is en dat jou gesin veilig is.



In 1 Timoteus 5:8 sê Paulus dat gelowiges ‘n verantwoordelikheid het om vir hulle families te voorsien. Hy sê dié wat dit nie doen nie “is slegter as ‘n ongelowige.” Die Nou druk jou om eerste om te sien na jou huisgesin, so dit is ‘n goeie plek. Jy wil nie daar bly nie, maar jy begin amper altyd daar.



As jy in die Nou is, spring in jou rekeninge in en begin met ‘n begroting. Beveilig jou gesin sodat jy vorentoe kan beweeg na die volgende stappe van die proses: Dan, Ons en Hulle. Ons sal in die volgende paar dae praat oor hierdie fases.



As jy sukkel met stabiliteit en finansiële onafhanklikheid, is dit nou die tyd om jou geld in orde te kry. “Financial Peace University” is ‘n Bybelgebaseerde klas wat mense leer hoe om hulle geld op God se manier te hanteer. Leer hoe om ontslae te raak van skuld, jou geld te bestuur en om op ‘n wyse manier te spandeer en te spaar. Besoek daveramsey.com/fpu om meer te leer.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

The Legacy Journey

Dave Ramsey is Amerika se betroubare stem oor geldbestuur en besigheid. Na sy eie bankrotskap op die ouderdom van 30, het Dave begin leer hoe God wil hê dat geld bestuur moet word. Dave wy homself nou daaraan toe om ande...

More

Ons dank gaan aan Dave Ramsey wat hierdie plan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: daveramsey.com/legacy

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid