Leesplan inligting

Wat Jesus Oor Vergifnis Gesê HetVoorbeeld

Wat Jesus Oor Vergifnis Gesê Het

DAG 10 VAN 10

'n Paar belangrike aanhalings en Skrifgedeeltes oor vergifnis

"Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Wees goedgesind teenoor alle mense. As dit moontlik is, sovêr dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense. Moenie self wraak neem nie, geliefdes, maar laat dit oor aan die oordeel van God. Daar staan immers geskrywe: Dit is mý reg om te straf; Ék sal vergeld, sê die Here. Oorwin die kwaad deur die goeie" (Romeine 12:17-21).

"Geseënd is dié wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word" (Matteus 5:7).

"As jy dus jou gawe na die altaar toe bring en dit jou daar byval dat jou broer iets teen jou het, laat staan jou gawe daar by die altaar en gaan maak eers vrede met jou broer en kom dan en bring jou gawe" (Matteus 5:23-24).

"Moenie kwaad met kwaad vergeld of belediging met belediging nie. Inteendeel, antwoord met ’n seënwens, want daartoe is julle geroep, sodat julle die seën van God kan verkry" (1 Petrus 3:9).

Totale vergifnis is 'n keuse. Dit is nie 'n gevoel nie. Dit is eerder 'n daad van die wil. Dit is die keuse om die bewyse te vernietig van die onreg wat ons aangedoen is. (RT Kendall)

Die uiteindelike bewys van totale vergifnis vind plaas wanneer ons die Vader vra om diegene wat ons seergemaak het, nie te veroordeel nie – selfs al het hulle nie net vir ons seergemaak nie, maar ook diegene naby aan ons. (RT Kendall)

Kliniese vergifnis – daar is 'n vermindering in negatiewe gevoelens teenoor die oortreder, maar geen versoening vind plaas nie. Beperkte vergifnis — daar is 'n afname in negatiewe gevoelens teenoor die oortreder, en die verhouding word gedeeltelik herstel, hoewel daar 'n afname in die emosionele intensiteit van die verhouding is. Volle vergifnis — daar is 'n totale uitwis van negatiewe gevoelens teenoor die oortreder, en die verhouding word ten volle herstel. (RT Kendall)

Nege uit tien mense wat ek opreg moes vergewe, voel nie hulle het iets verkeerd gedoen nie. Dit is my verantwoordelikheid om sulke persone met my hele hart te vergewe – en dan stil te bly daaroor. (Anoniem)

Voorstel: RT Kendall het verskeie uitstaande boeke geskryf oor vergifnis. Jy sal dit beslis waardevol vind om ten minste die volgende vier te lees: "40 Days to total forgiveness"; "Total forgiveness"; Totally forgiving God"; "Totally forgiving yourself". Daar is ook 'n reeks video's van Bruce Wilkinson, "70x7", op YouTube wat oor vergifnis handel. Dit is die moeite werd om dit deur te werk.

Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Oor Vergifnis Gesê Het

Vergifnis is een van die belangrikste sake in die Skrif. Ons evangelie is 'n evangelie van vergifnis. God vergewe ons sonde. Jesus is ons Verlosser van sonde. As Christene sukkel ons egter dikwels om ander te vergewe. Hi...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid