Leesplan inligting

Wat Jesus Oor Vergifnis Gesê HetVoorbeeld

Wat Jesus Oor Vergifnis Gesê Het

DAG 1 VAN 10

Voorstel

1.Vra drie vriende/vriendinne om hierdie leesplan saam met jou te doen (vier in 'n groep — mans en vroue in afsonderlike groepe).

2. Almal doen die leesplan op hulle eie.

3. Kom bymekaar na voltooiing van die leesplan en bespreek wat julle ontdek/geleer het.

4. Oorweeg om al 25 leesplanne in hierdie reeks as groep saam te doen.

5. Hierdie is Nr.14 in ‘n reeks van 25 leesplanne.

6. Watter ander persoon of persone dink jy sal by hierdie leesplan baat vind? Maak kontak en vertel hulle daarvan en moedig hulle aan om dieselfde leesplan saam met 'n groep van vier te doen.

7. Hierdie leesplanne sal jou help om te groei en uiteindelik 'n dissipelmaker te word — iemand wat 'n dissipel van nuwe bekeerlinge en ander Christene kan maak.

Wat Jesus gesê het oor vergifnis

Die Skrifgedeelte waarop gefokus word: Matteus 18:21-35

Vra die Heilige Gees om jou te leer. Die basiese vraag is: Here, wat wil U vir my sê uit hierdie spesifieke Skrifgedeelte?

Besin oor die Skrifgedeeltes aan die hand van drie vrae:

1. Wat leer ons van God in hierdie gedeelte? (Hoe openbaar God Homself aan my: Wie Hy is, sy karakter, werke, bevele, beloftes?)

2. Wat leer ons van onsself/ander mense uit hierdie Skrifgedeelte? (Wat verwag God van my volgens hierdie gedeelte – bv. om te vergewe, groei in my verhouding met Hom, gehoorsaam te wees, en in ‘n verhouding met Hom te leef? Wat moet in my lewe verander? Wat is my verantwoordelikhede?)

3. Hoe kan ons dit wat ons uit hierdie gedeelte ontdek het, integreer in ons lewens? (Hoe moet ek God gehoorsaam? Hoe kan ek vir ander tot seën wees? Wat en waaroor kan ek bid vanuit hierdie Skrifgedeelte?)

Van inligting tot gehoorsaamheid: Nadat jy Matteus 18:21-35 bestudeer het, wat voel jy vra die Heilige Gees van jou om te doen? Omdat dit God is wat hier praat, moet ons reageer. In hierdie gaan ons oor van inligting na gehoorsaamheid: Is daar iets wat in jou lewe moet verander in die lig van julle bespreking van hierdie Skrifgedeelte? Wat is daar wat ek in die komende week moet/kan doen na aanleiding van my bestudering van hierdie Skrifgedeelte? Hoe kan ek 'n seën wees vir ander mense om my? Wees baie spesifiek.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Oor Vergifnis Gesê Het

Vergifnis is een van die belangrikste sake in die Skrif. Ons evangelie is 'n evangelie van vergifnis. God vergewe ons sonde. Jesus is ons Verlosser van sonde. As Christene sukkel ons egter dikwels om ander te vergewe. Hi...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid