Leesplan inligting

Wat Jesus Oor Vergifnis Gesê HetVoorbeeld

Wat Jesus Oor Vergifnis Gesê Het

DAG 6 VAN 10

Vergifnis en belydenis van sonde

Hier is 'n paar praktiese riglyne oor vergifnis en belydenis van sonde:

1. Wat moet ek doen as ek iemand beledig het? Jy moet vergifnis gaan vra. Moenie probeer verduidelik, verskonings probeer uitdink of die situasie as onbeduidend probeer afmaak nie.

2. Wat moet jy doen wanneer jy valslik beskuldig word? Jy kan die persoon kontak en vir 'n geleentheid vra om met hulle te praat om die situasie te verduidelik. Jy kan ook sê dat jy jammer is dat daar 'n misverstand is. Doen dit met 'n nederige hart sonder arrogansie en selfregverdiging.

3. Ons doen dikwels iets met goeie bedoelings, maar iemand kan beledig voel deur wat ons gedoen het of hoe ons dit gedoen het. Sê dat jy jammer is dat wat jy gedoen het, die persoon laat voel het hy word beledig of dat dit vir die persoon pyn veroorsaak het. Verduidelik waarom jy gedoen het wat jy gedoen het. Deur dit te doen, sê jy nie dat jy skuldig is nie (opsetlik iets verkeerd gedoen het nie), maar jy sê daarmee dat jy jammer is dat hierdie voorval skade of pyn vir die persoon veroorsaak het en dat jy jammer is oor die manier waarop jy dit gedoen het, pyn veroorsaak het.

4. Wat kan gedoen word as iemand jou nie wil vergewe nie? Dit is die ander persoon se keuse om te vergewe of nie. Jy kan niks daaraan doen nie. Jou plig is om jou eie aandeel te erken en onvoorwaardelik en eerlik vergifnis te vra.

5. Dikwels voel ons dat ons skuldig is, maar dat die ander persoon ook skuldig is. Bely jou deel. Moenie vir die ander persoon sê hulle is ook skuldig nie. Moenie sê dat jy jammer sal sê as hulle ook sou sê dat hulle is jammer nie. Doen wat God van jóú verwag. Bely jou deel en los dit daarby. Wat hulle doen met wat hulle gedoen het, is tussen hulle en die Here.

6. 'n Persoon hoef nie jammer te sê voordat jy hulle vergewe nie.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Oor Vergifnis Gesê Het

Vergifnis is een van die belangrikste sake in die Skrif. Ons evangelie is 'n evangelie van vergifnis. God vergewe ons sonde. Jesus is ons Verlosser van sonde. As Christene sukkel ons egter dikwels om ander te vergewe. Hi...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid