Leesplan inligting

Wat Jesus Oor Vergifnis Gesê HetVoorbeeld

Wat Jesus Oor Vergifnis Gesê Het

DAG 7 VAN 10

Om God te vergewe (1)

Die konsep "om God vergewe" klink vreemd. En dit is. Dit is egter 'n manier om te verduidelik hoe mense voel oor dinge wat God in hulle lewens gedoen het, of nie gedoen het nie of toegelaat het. Baie mense het bitterheid in hulle harte teenoor God. Een manier waarop dit beskryf kan word, is om te sê dat mense beledig voel deur God se gedrag en hoe Hy hulle behandel het. Hulle voel dat hulle Hom nie kan "vergewe" vir wat Hy gedoen het nie.

Daar is verskeie redes waarom mense voel God het hulle beledig en verkeerd opgetree en dat sy gedrag en optrede bitterheid en weerstand teen Hom veroorsaak het.

In sy uitstekende boek 'Totally Forgiving God" noem RT Kendall vier dinge wat God “doen of nie gedoen het nie”, wat opstandigheid teenoor God veroorsaak:

1. God verhoor nie my gebede nie. God het my nie gehelp nie. Mense voel dat God hulle in die steek gelaat het toe hulle Hom nodig gehad het en nie gedoen het wat hulle Hom gevra het om te doen nie. Hulle weet Hy is almagtig. Waarom het God nie die situasie verander of gekeer dat hulle kind sterf nie? Voorbeelde kan vermenigvuldig word.

2. God kyk anderpad as daar geweld is. Waarom gryp God nie in, in situasies waar geweld (oorloë, mensehandel, dwelmhandel, bendegeweld) miljoene se lewens verwoes nie? As Hy God en almagtig is, waarom keer Hy dit nie? Soms is die persoon wat God beledig en aanval 'n slagoffer van sulke geweld. Vir ander is dit net die kliniese feit van geweld teen hulpelose mense.

3. God help nie wanneer mense onreg moet verduur nie. Sommige ervaar pynlike situasies van onreg. Waarom laat God dit toe? Hy sê Hy is 'n God van geregtigheid, regverdigheid en medelye. Waarom stop Hy dan nie dade van onreg teen sy kinders en ook regoor die wêreld nie?

4. God se verdraagsaamheid teenoor die bose. Daar is baie boosheid in die wêreld. Waarom laat God, wat heilig en regverdig is, dit toe? Omdat mense nie verstaan wat Hy doen of nie doen nie, verwerp hulle God en "loop weg", dikwels met die woorde: "Ek kan nie 'n God volg wat toelaat dat die bose ongehinderd voortgaan en klein kindertjies en hulpelose mense laat ly nie."

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Oor Vergifnis Gesê Het

Vergifnis is een van die belangrikste sake in die Skrif. Ons evangelie is 'n evangelie van vergifnis. God vergewe ons sonde. Jesus is ons Verlosser van sonde. As Christene sukkel ons egter dikwels om ander te vergewe. Hi...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid