Leesplan inligting

Wat Jesus Oor Vergifnis Gesê HetVoorbeeld

Wat Jesus Oor Vergifnis Gesê Het

DAG 5 VAN 10

Vra vergifnis vir jou eie gedrag en optrede

Hoe sien God vergifnis?

Die terapeutiese redes vir vergifnis. Dit is tot jou eie voordeel, jou eie belang en selfaktualisering. Jy doen dit uitsluitlik vir jou eie geestesgesondheid, jou eie "vryheid", jou eie gemoedsrus en jou eie fisieke en emosionele gesondheid. Christelike vergifnis kan en sal vir jou al daardie dinge bring – maar God gee meer. Die rede vir Bybelse vergifnis is eerstens om God te eer. Dit gaan oor sy heerlikheid, sy eer en sy wil. God vra van ons om te vergewe soos wat Hy ons vergewe het. In jou eie hart moet jy by die punt kom waar jy met ‘n opregte hart kan bid dat die oortreders hulle sal bekeer ter wille van die eer van God en dat hulle nie in die toekoms ander mense sal benadeel nie.

Die Bybel sê: God wil hê ons moet ander vergewe omdat Hy ons vergewe het (Kolossense 3:13).

1. God moedig sy volgelinge aan om te vergewe sonder enige beperkings (Matteus 18:22).

2. God sien onvergewensgesindheid as sonde (Jakobus 4:17).

3. God wil hê ons ontslae moet raak van onvergewensgesindheid – sodat ons harte vol barmhartigheid, genade en liefde kan hê (Matteus 5:7).

4. God wil hê dat ons die kwaad met die goeie sal oorwin (Romeine 12:21).

5. God wil hê dat ons bedienaars van versoening moet wees (2 Korintiërs 5:18-19).

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Oor Vergifnis Gesê Het

Vergifnis is een van die belangrikste sake in die Skrif. Ons evangelie is 'n evangelie van vergifnis. God vergewe ons sonde. Jesus is ons Verlosser van sonde. As Christene sukkel ons egter dikwels om ander te vergewe. Hi...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid