Leesplan inligting

Wat Jesus Oor Vergifnis Gesê HetVoorbeeld

Wat Jesus Oor Vergifnis Gesê Het

DAG 9 VAN 10

Vergewe jouself

Kyk na die volgende Skrifgedeelte: "Moenie oordeel nie, en julle sal nie geoordeel word nie. Moenie veroordeel nie, en jy sal nie veroordeel word nie. Spreek vry, en julle sal vrygespreek word" (Lukas 6:37).

Pas dit soos volg toe:

1. Moenie jou eie regter wees nie.

2. Moenie jouself veroordeel nie.

3. Vergewe jouself.

Die moeilikste persoon om te vergewe is jouself. Ons kan nog aanvaar dat God ons sal vergewe, maar om onsself te vergewe is baie moeiliker. "Ek kan myself nie vergewe vir my “affair” wat soveel pyn en vernedering tot gevolg gehad het nie.” “Ek kan myself nie vergewe dat ek my kind so verwaarloos het nie."

Jy moet jou sonde of fout konfronteer en besluit om jouself te vergewe. As jy dit nie doen nie, sal dit die Heilige Gees verhinder om deur jou te werk en dit sal die geestelike vrug in jou lewe beperk.

Uiteindelik moet jy vir jouself sê: "Johannes* (vervang met jou naam), ek vergewe jou." Dit kan vreemd en ongemaklik klink en voel. Doen dit eenvoudig net. Doen dit weer en weer indien nodig – totdat jy weet jy is vry.

As jy jouself nie vergewe nie, verwerp jy God se gawe van totale vergifnis van al jou sondes. Onvergewensgesindheid is NIE iets wat van die Heilige Gees kom nie. Dit kom van die duiwel en jou eie hart. Jy mag voel dat wat jy gedoen het te sleg en veragtelik is om vergewe te word en om 'n lewe van totale vryheid te leef. Dit beteken egter jy trek ‘n streep deur Jesus se offer van versoening aan die kruis.

Indien jy jouself nie vergewe nie, sal jy onvermydelik meer en meer op jouself begin fokus. Dit sal onvermydelik lei tot selfbejammering. Niks hiervan sal tot geestelike vrede en vreugde lei nie. Sulke gedrag eer God nie.

Gehoorsaamheid: Is daar iets in jou lewe wat gebeur het en jy voel jy kan jouself nie vergewe nie? Vind 'n volwasse gelowige met wie jy kan praat en wat saam met jou kan bid.

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Oor Vergifnis Gesê Het

Vergifnis is een van die belangrikste sake in die Skrif. Ons evangelie is 'n evangelie van vergifnis. God vergewe ons sonde. Jesus is ons Verlosser van sonde. As Christene sukkel ons egter dikwels om ander te vergewe. Hi...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid