Leesplan inligting

21 Dae Vas en GebedVoorbeeld

21 Dae Vas en Gebed

DAG 1 VAN 21

WAT IS VAS?

Om te vas, is nie eenvoudig om jouself van kos te weerhou nie. ’n Bybelse definisie van vas is: "Vrywillige onthouding van kos vir ’n spesifiek tyd met die doel om te verdiep in jou verhouding met die Here."

Matteus 6:16-17 en 9:14-15 maak melding ’n baie belangrike aanname deur Jesus. Jesus sê twee keer "wanneer julle vas" (Matteus 6:16-17) en dan die uitdruklike stelling "dan sal julle vas" (Matteus9:14-15). Jesus neem aan dat sy dissipels sal vas. Jesus self, in die hele Nuwe Testament, veronderstel dat sy dissipels sal vas — en dit sluit ons vandag in.

Dit sal goed wees om vir hierdie 21 dae ’n bepaalde manier van vas te kies en jouself daartoe te verbind. Onthou, die doel van vas is nie om jouself van iets te weerhou en jouself jammer te kry nie. Dit is juis dat ons vir ’n tyd lank iets in ons lewe sal opgee om in ruil daarvoor meer van God te ervaar en te beleef.

Vas, soos reeds beskryf, verwys gewoonlik na die weerhouding van kos. Daar is egter verskillende soorte vas in die Bybel. Hier is ’n kort lys van die mees algemene soorte:

VOLLEDIGE VAS — drink vloeistowwe maar weerhou jou van enige kos.

SELEKTIEWE VAS — weerhou jou van sekere kossoorte, ook bekend as die Daniëls-vas.

GEDEELTELIKE VAS — slaan ’n ete of etes van jou dag oor, eet byvoorbeeld wel ontbyt en middagete maar nie aandete nie.

SIELSVAS — verwyder vir die periode van vas iets uit jou lewe, anders as kos, wat ’n groot invloed op jou uitoefen of baie van jou tyd in beslag neem, soos bv. sosiale media, TV kyk, ens.

"Prayer is reaching out after the unseen, fasting is letting go of all that is seen and temporal." — Andrew Murray

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

21 Dae Vas en Gebed

Lewende Woord Midrand se 21 Dae Vas en Gebed leesplan is geskryf om jou aan te moedig om jou verhouding met die Here te verdiep en te versterk deur jou meer te leer oor vas (Wat is vas? Hoekom vas ons? Wat is die voordel...

More

Ons wil graag Lewende Woord Midrand bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lewendewoordmidrand.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid