Leesplan inligting

21 Dae Vas en GebedVoorbeeld

21 Dae Vas en Gebed

DAG 21 VAN 21

Die woord wat in die Nuwe Testament vir kerk gebruik word, is ‘n leenwoord uit Grieks. Dit het voorheen eenvoudig beteken om saam te kom, of om bymekaar te kom (die woord is EKKLESIA en word so gebruik in Handelinge 7:38, 19:32).

Om bymekaar te kom, was ’n fundamentele deel van kerkaktiwiteite. Die skrywer van die brief aan die Hebreërs waarsku mense om nie kerk, en veral kerklike byeenkomste, te verwaarloos nie. Nie om die kerk se ontwil nie, maar vir hulle eie ontwil.

Daar is vyf waarskuwings in die boek Hebreërs wat almal dui op die gevaar van wegdryf van die geloof. Dit begin altyd met wegdryf van die kerk. Hieroor is die skrywer geweldig bekommerd.

Daar word baie metafore vir die kerk gebruik in die Nuwe Testament. Dit sluit in familie (1 Timoteus 6:1-2), bruid van Christus (Efesiërs 5:24-27), die liggaam van Christus (1 Korintiërs 12:22-27), die huishouding van die Here (Hebreërs 3:6), ens. Al hierdie metafore het iets in gemeen en dit is dat elkeen ’n rol en ‘n plek het en dat jy ander gelowiges nodig het en hulle vir jou.

Vir ’n kerk om bymekaar te kom, is kern tot sy aard — wat ’n kerk is — dit is duidelik uit die taal van die Nuwe Testament. In ’n familie het elkeen ’n plek en ’n rol. As deel van die bruid van Christus word ons vir Hom voorberei deur die Heilige Gees. As deel van die liggaam kan ons net saam funksioneer as ons ons plek vind en volstaan. In die huis van die Here het ek en jy ’n tuiste. Dit is wat kerk is.

Onthou dan ook dat daar by ’n sportwedstryd deelnemers en toeskouers is. In die kerklewe behoort daar net deelnemers te wees! Wees ’n aktiewe lidmaat van jou gemeente.

Ek wil jou aanmoedig om van die kerk en kerklewe (veral byeenkomste of dienste) ’n prioriteit te maak ongeag by watter kerk of gemeente die Here jou geplaas het. Dit is vir jou beswil, nie vir die kerk s'n nie!

Dag 20

Aangaande hierdie leesplan

21 Dae Vas en Gebed

Lewende Woord Midrand se 21 Dae Vas en Gebed leesplan is geskryf om jou aan te moedig om jou verhouding met die Here te verdiep en te versterk deur jou meer te leer oor vas (Wat is vas? Hoekom vas ons? Wat is die voordel...

More

Ons wil graag Lewende Woord Midrand bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lewendewoordmidrand.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid