Leesplan inligting

21 Dae Vas en GebedVoorbeeld

21 Dae Vas en Gebed

DAG 6 VAN 21

Ek merk in hierdie gedeelte ’n patroon wat in Jesus se bediening gesien kan word. Die patroon is:

  1. Bedien mense.
  2. Alleentyd saam met sy hemelse Vader.
  3. Bedien mense.

Jesus het van alleentyd met sy Vader ’n prioriteit gemaak. Ons kan sê dit was die fontein van sy bediening.

So ’n alleentyd behoort in ons lewens ook te bestaan. Dit word dikwels "stiltetyd" genoem. Persoonlik hou ek nie baie van die term nie, want tyd saam met die Here hoef nie stil te wees nie. Dit kan gevul wees met lof en aanbidding, met gebed en natuurlik die Woord van die Here.

Ek wonder of die rede hoekom ons soms sukkel met toegewyde alleentyd saam met die Here, nie is omdat ons ongemaklik is nie. Ons is soms gemaklik tussen mense, gemaklik met die openbare beeld wat ons uitstraal maar ongemaklik met selfondersoek. Ons projekteer selfvertroue maar alleen voor die Here word ons bewus van hoe afhanklik ons werklik van die Here is. Hoe broos ons werklik is.

Ons aandagspan word korter en korter weens die druk waaronder ons leef. Ons kan besig en tussen mense wees maar terselfdertyd alleen, leeg en hunkerend wees.

Sonder alleentyd saam met die Here — noem dit stiltetyd of die Engelse term "devotion" (waarvan ek baie meer hou) — is dit onmoontlik om ’n dieper geestelike lewe te beleef. Ons het alleentyd met die Here nodig waar ons ons alles vir Hom gee ... al ons aandag, al ons sorge, kommer, onsekerheid, eensaamheid, ens.

God die Vader het sy Seun gegee om met ons verhouding te hê. Hy verlang na 'n verhouding met ons. Alleentyd met Hom is waar ons ‘n verhouding met Hom ontwikkel, genesing beleef, lering ontvang en sy leiding verkry.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

21 Dae Vas en Gebed

Lewende Woord Midrand se 21 Dae Vas en Gebed leesplan is geskryf om jou aan te moedig om jou verhouding met die Here te verdiep en te versterk deur jou meer te leer oor vas (Wat is vas? Hoekom vas ons? Wat is die voordel...

More

Ons wil graag Lewende Woord Midrand bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lewendewoordmidrand.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid