Leesplan inligting

21 Dae Vas en GebedVoorbeeld

21 Dae Vas en Gebed

DAG 4 VAN 21

Om ’n toegewyde periode van vas en gebed te handhaaf, is nie sodat ek en jy beter as ander kan wees nie. Dit is ook nie om godsdienstig te wees nie. Die doel is om nader aan die Here te kom, om ons verhouding met Hom te versterk en te verryk.

In vandag se Skrifgedeelte is dit duidelik dat die mense van die koninkryk van Judea (Jesaja se gehoor) toegelaat het dat hulle vasgevang word in wat ons kan noem ’n godsdienstige vas. ’n Godsdienstige vas is wanneer ons vas, maar eerder as om nader aan die Here te kom, word ons verstrengel in die "reëls" van vas. Ons kan begin dink ons is beter as ander, ens.

Die rede hoekom ons vir ’n periode vas en bid is juis om nader aan die Here te kom. Die teken daarvan is juis dat ek en jy sy hart vir die gebroke wêreld waarin ons leef, sal beleef en soos Hy sal optree teenoor ander, veral dié wat dit die nodigste het.

Ons vas en bid gefokus vir ’n tyd soos hierdie 21 dae, juis om in ons verhouding met die Here te groei en om te verdiep in ons liefde en toewyding aan Hom. Die een definitiewe teken daarvan is dat ons die Here se hart vir ander sal "raaksien", dat ons "in pas" met sy hartklop sal dink, voel en doen.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

21 Dae Vas en Gebed

Lewende Woord Midrand se 21 Dae Vas en Gebed leesplan is geskryf om jou aan te moedig om jou verhouding met die Here te verdiep en te versterk deur jou meer te leer oor vas (Wat is vas? Hoekom vas ons? Wat is die voordel...

More

Ons wil graag Lewende Woord Midrand bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lewendewoordmidrand.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid