Leesplan inligting

21 Dae Vas en GebedVoorbeeld

21 Dae Vas en Gebed

DAG 5 VAN 21

Daar word beweer dat meer as die helfte van alles wat ’n gemiddelde persoon besit, feitlik nooit gebruik word nie. Dink vir ’n oomblik aan alles wat jy besit, elke item. Hoeveel daarvan word feitlik nooit gebruik nie? Net so gaan ons dikwels uitgawes aan wat nie werklik nodig is nie.

As deel van die bergpredikasie, spreek Jesus juis hierdie aspek aan. Hy nooi ons om in werklikheid ons lewens te vereenvoudig. Prakties kan dit gesien word dat ons van onnodige goed ontslae raak — nie net dinge nie, maar ook nuttelose verpligtinge, ens., om meer ruimte in ons lewens te skep, ruimte wat deur die Here en sy koninkryk opgeneem kan word.

Tevredenheid (of vergenoegdheid) is ’n groot begrip maar ’n kerndeel van die koninkryk van God soos dit deur Jesus uitgebeeld word. Dit vereis dat ons ons waarde, ons afhanklikheid en selfs ons identiteit nie in goed of mense sal vind nie, maar alleen in die Here en in ons verhouding met Hom.

Vas en gebed is die ideale tyd om ‘n bestekopname van jou lewe te maak, in die lig van die Woord van God, en dan die nodige aanpassings te maak wat die Here werklik die eerste plek in jou lewe sal gee.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

21 Dae Vas en Gebed

Lewende Woord Midrand se 21 Dae Vas en Gebed leesplan is geskryf om jou aan te moedig om jou verhouding met die Here te verdiep en te versterk deur jou meer te leer oor vas (Wat is vas? Hoekom vas ons? Wat is die voordel...

More

Ons wil graag Lewende Woord Midrand bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lewendewoordmidrand.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid