Leesplan inligting

21 Dae Vas en GebedVoorbeeld

21 Dae Vas en Gebed

DAG 2 VAN 21

Handelinge 13 is ’n keerpunt in die Nuwe Testament want dit is die begin van Paulus se bediening. Tot en met die einde van Handelinge 12 was die skrywer van Handelinge, Lukas, se aandag op Petrus gefokus. Nou draai dit na Paulus toe. Paulus se taak is om die goeie nuus oor Jesus ook met die nie- Jode te gaan deel.

Wat verstommend is van die gedeelte is die feit dat die gemeente gevas het amper terloops genoem word, so asof dit ’n normale praktyk in die kerk van die Nuwe Testament was, en dit was. Daar is ’n Bybelse patroon van gemeentes wat saam vas en bid.

Onthou vas is nie:
* ’n manier om iets by God te kry nie.

* nie ‘n transaksie nie.

* ’n Geestelike gewigsverlies program nie.

* ’n manier om ’n punt te bewys of mense te beïndruk nie.

* nie iets vir spesiale geleenthede en fanatiese mense nie.

Vas gaan oor toewyding aan die Here en verdieping in jou verhouding met Hom.

Bybelse vas het die volgende voorbeelde en doelwitte:

  • Verdiep en versterk in gebed — Nehemia 1:4
  • Om God se leiding te soek — Rigters 20 & Handelinge 14:23
  • Om versoekings en gewoonte sondes te oorkom — Lukas 4:1-11
  • Om liefde en aanbidding aan die Here te betuig — Lukas 2:37
  • Om jouself voor die Here te verootmoedig en Hom opnuut te volg — Psalm 35:13

Daar is ander redes ook, sommige is egter beperk tot die Ou Testament soos om te rou (2 Samuel 1:11-12 en Rigters 20:26), vir Israel om die Here se beskerming te soek (2 Kronieke 20:3-4 en Esra 8:21-23), ens.

Onthou: om te vas is ’n algemene manier waarop kinders van God in die Nuwe Testament die Here gesoek en gedien het. Die doel van vas is essensieel om iets prys te gee vir 'n bepaalde tyd om op jou verhouding met die Here gefokus te wees.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

21 Dae Vas en Gebed

Lewende Woord Midrand se 21 Dae Vas en Gebed leesplan is geskryf om jou aan te moedig om jou verhouding met die Here te verdiep en te versterk deur jou meer te leer oor vas (Wat is vas? Hoekom vas ons? Wat is die voordel...

More

Ons wil graag Lewende Woord Midrand bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lewendewoordmidrand.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid