Leesplan inligting

21 Dae Vas en GebedVoorbeeld

21 Dae Vas en Gebed

DAG 9 VAN 21

Gebed het drie elemente.

  1. Dankbaarheid. Wanneer ons bid, kom ons met dankbare harte na God toe. Dankbaarheid is ’n element van aanbidding en saam met ons dankbaarheid bring ons aan God al die erkenning en dank in ons harte. Deur dit in gebed te doen, word daar lof en aanbidding tot God in ons wakker gemaak.
  2. Vertroue. Geloof beteken vertroue op God. In gebed verklaar jy jou vertroue in Hom, aan Hom. In hierdie posisie kan ons nie anders as om in vertroue dan ook aan God ons behoeftes en die behoeftes van ander bekend te maak nie.
  3. Lof. Die begeerte om God te eer, te aanbid en te loof is teenwoordig in elke kind van God se hart. Dit lei tot die soort gebed wat God verhef en vereer. Ons loof God nie slegs vir wat Hy doen of gaan doen nie. Ons loof God vir "wie" Hy is — Hy is waardig!

Die doel van gebed is nie om God te kry om te doen wat ons wil hê of vra nie. Maar eerder omdat dit sy wil is in ons lewens en om sy wil op elke ander plek te sien geskied. Sulke gebede verbly God se hart. Ons hemelse Vader inspireer sulke gebede, hoor sulke gebede en beantwoord sulke gebede.

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

21 Dae Vas en Gebed

Lewende Woord Midrand se 21 Dae Vas en Gebed leesplan is geskryf om jou aan te moedig om jou verhouding met die Here te verdiep en te versterk deur jou meer te leer oor vas (Wat is vas? Hoekom vas ons? Wat is die voordel...

More

Ons wil graag Lewende Woord Midrand bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lewendewoordmidrand.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid