Leesplan inligting

21 Dae Vas en GebedVoorbeeld

21 Dae Vas en Gebed

DAG 3 VAN 21

Praktiese oorwegings vir ’n periode van vas en gebed sluit die volgende in:

Besluit watter soort vas jy gaan volg en besluit vooraf vir hoe lank. Die mees algemene soorte vas is:

  • Volledige vas — drink vloeistowwe maar weerhou jou van enige kos.
  • Selektiewe vas — weerhou jou van sekere kossoorte, ook bekend as die Daniël-vas.
  • Gedeeltelike vas — slaan 'n ete of etes van jou dag oor, byvoorbeeld eet wel ontbyt en middagete maar nie aandete nie.
  • Sielsvas — verwyder vir die periode van vas iets uit jou lewe, anders as kos, wat ’n groot invloed op jou uitoefen of baie van jou tyd in beslag neem soos bv. sosiale media, TV kyk, ens.

As jy vir die eerste keer vas, wees realisties en moet liewers nie jouself oorskat nie. Dit is wys om jou liggaam vir die periode van vas voor te berei deur voor die tyd jou inname van goed soos kafeïne en oormatige suiker te beperk. Dit verseker dat jy gedurende jou periode van vas nie onnodige onttrekkingsimptome sal beleef nie.

Wat doen jy as jou vas gebreek word, per ongeluk of omdat jy eenvoudig nie kon volhou nie? Wel ... die doel van vas is om jou van iets te weerhou en in ruil daarvoor meer van jouself en jou tyd aan die Here te wy. Wanneer jy jou vas breek, probeer hervat, moenie opgee nie. As jy jouself oorskat het en jy reeds jou vas gebreek het, moenie dat teleurstelling en skuldgevoel jou ontneem van die spesiale tyd van toewyding aan die Here nie. Stel die Here nog steeds eerste en soek Hom asof jy nog steeds vas. Stel volgende keer net meer realistiese doelwitte vir jouself.

As jy sieklik of swak is, is dit raadsaam om nie te vas nie tensy jy dit met ’n dokter bespreek het.

Jesus maak die punt dat vas (Matteus 6:16-18) en gebed (Matteus 6:7-13) ’n persoonlike element van jou verhouding met die Here is. Kom ons doen dit nooit om aan mense ’n punt te bewys of iemand te probeer beïndruk nie. As jy uit die slegte voorbeeld van die "skynheiliges", en Jesus se woorde aan hulle, die les kan leer, sal jou tyd van toegewyde vas en gebed vir seker jou verhouding met die Here versterk en verdiep!

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

21 Dae Vas en Gebed

Lewende Woord Midrand se 21 Dae Vas en Gebed leesplan is geskryf om jou aan te moedig om jou verhouding met die Here te verdiep en te versterk deur jou meer te leer oor vas (Wat is vas? Hoekom vas ons? Wat is die voordel...

More

Ons wil graag Lewende Woord Midrand bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lewendewoordmidrand.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid