Leesplan inligting

Wat Sal Moed Doen?Voorbeeld

What Would Courage Do?

DAG 10 VAN 10

God gee my moed om vir Jesus te lewe.


Die Bybelvers vertel vir ons om weg te draai van ons selfsugtige gewoontes af, ons kruis op te neem en Jesus te volg.


Hoe neem jy egter 'n kruis op? Moet jy regtig 'n kruis ronddra en gekruisig word om Jesus te volg?


Nee. Om jou kruis op te neem beteken om te fokus op die werk en plan wat God vir jou het, selfs al is dit moeilik om te doen. Gee enige iets op wat jou aandag daarvan aflei. Dit vat baie moed, want jy is dalk gewoond aan sommige van die selfsugtige gewoontes wat jou aandag van God aflei. Soms is dit moeilik om dit op te gee.


Vra God om jou te help. Vra Hom om jou te wys wat jy moet opgee. Bid en vra vir sy krag en moed om die ou, selfsugtige gewoontes agter te laat en om jou oë op Jesus te hou.


Kyk na hierdie video en gebruik dan die Bybelvers Markus 8:34 om 'n Geheue-ketting te maak. Dit sal jou help om te onthou dat God vir jou moed gee om vir Hom te lewe!


Geheue-ketting


  1. Knip 35 stroke papier.
  2. Skryf elke woord van Markus 8:34 op 'n strook. Skryf slegs een woord op elke strook!
  3. Jy sal 'n paar stroke oor hê.
  4. Skommel die stroke.
  5. Plak die stroke om 'n ketting te vorm. Plaas die woorde in volgorde!
  6. Haal die ketting uitmekaar en maak dit weer!

 


Gesels Daaroor: Wat dink jy kan jy doen om jou kruis op te neem en Jesus te volg?


Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

What Would Courage Do?

Moed is nie om nie bang te voel nie. Dit is om op God se krag te vertrou om jou te help om volgens sy wil te lewe al is jy bang! Vir Ouers: Jou kind sal elke dag se leesstuk en vrae beter verstaan as jy hierdie leesplan ...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid