Leesplan inligting

Wat Sal Moed Doen?Voorbeeld

What Would Courage Do?

DAG 5 VAN 10

God gee my moed om met krag te bid.


'n Kragtige gebed is nie daar om ons sin te kry of om vir God te sê wat om te doen nie. Dit wys dat ons geloof het dat God elke gebed van ons hoor, en dat Hy sy mag sal wys, dit maak nie saak wat aangaan nie.


In die Bybel het Elia kragtige gebede gebid. Bo-op die berg het Elia gebid dat God sy mag sou wys. God het. Toe daar 'n droogte was het Elia oor en oor vir reën gebid omdat God vir hom gesê het dat dit sal reën as hy bid. Aan die begin het dit nie goed gelyk nie maar Elia het nie opgegee nie. Hy het oor en oor gebid en die reën het gekom net soos God belowe het.


Jou gebede is net so kragtig soos Elia s'n wanneer jy Jesus vertrou en Hom volg. Wil jy God se mag sien? Begin bid!


Gesels Daaroor: Wat is in jou hart waaroor jy met God moet praat? Bid tot Hom daaroor en vertrou dat Hy jou hoor.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

What Would Courage Do?

Moed is nie om nie bang te voel nie. Dit is om op God se krag te vertrou om jou te help om volgens sy wil te lewe al is jy bang! Vir Ouers: Jou kind sal elke dag se leesstuk en vrae beter verstaan as jy hierdie leesplan ...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid