Leesplan inligting

Wat Sal Moed Doen?Voorbeeld

What Would Courage Do?

DAG 7 VAN 10

God gee my moed om nooit op te gee nie.


Partykeer is om moed te wys, een keer se groot, brawe ding wat jy doen. Moed is egter ook om elke dag, oor en oor die regte ding te doen, dit maak nie saak wat gebeur nie.


In die Bybel het Noag die tipe moed gewys wat nooit opgee nie. Dink daaroor. God kon gesê het: "Noag, hier is 'n boot en al die diere. Klim in want 'n vloed begin oor 'n uur.”


Dit is egter nie wat gebeur het nie. God het vir Noag gevra om die ark op die land te bou. Noag het moed gewys deur te kies om God te gehoorsaam, selfs al het dit veroorsaak dat hy soos 'n dwaas lyk vir al die ander. Hy moes elke dag opstaan en kies om uit te gaan na die ark toe en aan te hou bou. Uiteindelik, na jare se doen wat reg is het God die diere gestuur, die ark geseël met Noag en sy gesin binne in en die vloed gestuur.


Omdat Noag die moed gehad het om elke dag gehoorsaam te wees, was sy hele gesin en al die diere veilig.


Gesels Daaroor: Wat moet jy elke dag aanhou doen om God te gehoorsaam? Wat verlei jou om op te gee om daardie ding elke dag te doen?


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

What Would Courage Do?

Moed is nie om nie bang te voel nie. Dit is om op God se krag te vertrou om jou te help om volgens sy wil te lewe al is jy bang! Vir Ouers: Jou kind sal elke dag se leesstuk en vrae beter verstaan as jy hierdie leesplan ...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid