Leesplan inligting

Wat Sal Moed Doen?Voorbeeld

What Would Courage Do?

DAG 1 VAN 10

God gee my moed om vrees in die gesig te staar.


Moed beteken nie dat jy nie bang is nie. Moed beteken dat jy vrees in die gesig kan staar met God se krag!


In die Bybelverhaal het Koningin Ester moed getoon al was sy bang. Sy het geweet dat die koning haar kon laat doodmaak omdat sy na hom toe gekom het sonder 'n uitnodiging. Sy het dit egter in elk geval gedoen omdat sy moes opstaan vir haar mense.


Sy het meer moed getoon toe sy vir die koning vertel het dat Haman haar mense wou vernietig. Sy het nie geweet hoe dit sou uitdraai nie, veral nie met Haman in die kamer nie. Sy het dit nogtans gedoen en God het haar moed geëer deur haar mense te red!


Gesels Daaroor: Hoe het Ester moed getoon? Deel 'n tyd wat jy moes opstaan en moed toon al was jy bang.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

What Would Courage Do?

Moed is nie om nie bang te voel nie. Dit is om op God se krag te vertrou om jou te help om volgens sy wil te lewe al is jy bang! Vir Ouers: Jou kind sal elke dag se leesstuk en vrae beter verstaan as jy hierdie leesplan ...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid