Leesplan inligting

Wat Sal Moed Doen?Voorbeeld

What Would Courage Do?

DAG 9 VAN 10

God gee my moed om vir Jesus te lewe.


Om 'n besluit te neem om Jesus te volg verg 'n klomp moed. Dit is egter net die begin!


God vra ons elke dag om goed vir Hom op te offer. Dit beteken, Hy wil hê dat ons dinge moet opoffer waarvoor ons lief is en gewoonlik doen, indien dit dinge is wat ons daarvan weerhou om vir Hom te lewe.


Dit is moeilik, maar dit is die moeite werd. Die Bybel sê dit is soos om jou liggaam te oefen, jou spiere te bou en gefokus te bly om die prys te wen in 'n resies.


Wat moet jy opgee sodat jy beter daarin kan raak om elke dag vir God te lewe? Dalk is dit om terug te praat, 'n slegte houding te hê, of om te speel wanneer jy weet jy moet tyd deurbring om van die Bybel te leer. Dit kan enige iets wees wat jou aandag aftrek van God af!


Elke keer wat jou aandag afgetrek word, onthou dat jy 'n resies vir God hardloop. Vra Hom vir moed om die opofferings te maak. Jesus is ons wonderlike prys aan die einde!


Gesels Daaroor: Wanneer jy selfsugtige dinge vir God opgee, hoe maak dit jou sterker vir God? Hoe dink jy wys dit moed?


Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

What Would Courage Do?

Moed is nie om nie bang te voel nie. Dit is om op God se krag te vertrou om jou te help om volgens sy wil te lewe al is jy bang! Vir Ouers: Jou kind sal elke dag se leesstuk en vrae beter verstaan as jy hierdie leesplan ...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid