Leesplan inligting

Wat Sal Moed Doen?Voorbeeld

What Would Courage Do?

DAG 3 VAN 10

God gee my moed om te doen wat reg is.


Wanneer iets verkeerds aan die gang is, het mense soms nie die moed om op te staan en te doen wat reg is nie. Hulle mag dalk bang of bekommerd wees. Hulle mag dalk wil inpas en doen wat ander doen. Hulle mag dalk gemaklik voel met die verkeerde ding en dit ook doen!


Die moed wat egter van God af kom is nie so nie. Dit doen die regte ding, selfs al doen ander mense nie.


In die Bybelverhaal het Dawid gedoen wat reg is selfs al was al die ander bang. Goliat het God se mense afgeknou en hy het slegte dinge oor God gesê. Die weermag van Israel was te bang om teen Goliat te baklei omdat hy 'n goeie soldaat en 'n reus was!


Niks daarvan het Dawid gekeer nie. Hy was 'n seun wat baie jonger was as al die soldate maar hy het opgestaan vir God. Hy het nie toegelaat dat enige iemand hom ompraat om dit nie te doen nie. God het Dawid gehelp om die stryd te wen.


Gesels Daaroor: Wat het Dawid gedoen om God se moed te wys? Praat oor 'n keer wat jy moes doen wat reg is selfs al het niemand anders nie. As jy aan niks kan dink nie, dink aan voorbeelde van tye waar jy dalk sal moet opstaan vir wat reg is al doen niemand anders dit nie.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

What Would Courage Do?

Moed is nie om nie bang te voel nie. Dit is om op God se krag te vertrou om jou te help om volgens sy wil te lewe al is jy bang! Vir Ouers: Jou kind sal elke dag se leesstuk en vrae beter verstaan as jy hierdie leesplan ...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid