Leesplan inligting

Wat Sal Moed Doen?Voorbeeld

What Would Courage Do?

DAG 6 VAN 10

God gee my moed om met krag te bid.


Wanneer jy Jesus vertrou en Hom volg, is jy 'n regverdige persoon. Jou gebede laat dinge gebeur. God luister vir jou! Ken God se beloftes en glo dat Hy hulle nakom. Vertrou dat Hy magtig genoeg is om enige iets te doen wat gedoen moet word.


As jy nie weet waar om te begin nie, hier is 'n paar kragtige gebede om te bid:


  • Vader, U belowe dat niks my ooit kan wegneem van u liefde af nie. Wys asseblief vir my hoe lief U my werklik het. (volgens Romeine 8:39)
  • Vader, U belowe dat U my nooit sal verlaat nie. Ek voel op die oomblik alleen. Wys my asseblief dat U steeds met my is. (volgens Hebreërs 13:5)
  • Vader, ek voel op die oomblik hartseer en seergemaak. Help my asseblief om u vertroosting te ervaar. (volgens 2 Korintiërs 1:4)
  • Vader, ek kan nie die regte besluit op my eie neem nie, maar ek weet ek kan tot U bid vir hulp, en U belowe om my te help. (volgens Psalm 121:1-2)
  • Vader, wanneer ek nie weet op wie om te vertrou of waarheen om te gaan nie sal ek met U praat. U het 'n veilige vesting vir my. Wys my waar dit is. (volgens Nahum 1:7)
  • Vader, U belowe om my te seën as ek nie opgee nie. Gee my asseblief die moed om aan te hou om die liefde van Jesus met ander te deel. (volgens Galasiërs 6:9)

 


Nadat jy 'n paar gebede gebid het, kyk na die video en gebruik die Bybelvers Jakobus 5:16 om Plakker Deurmekaarspul te speel. Dit sal jou help om te onthou dat jou gebede kragtig is as jy Jesus volg!


Plakker Deurmekaarspul


  1. Vra of jy plakkers en 'n potlood kan kry.
  2. Skryf elke woord van Jakobus 5:16 op elke plakker. Sit net een woord op elke plakker!
  3. Skommel die plakkers en plaas die woorde in volgorde.

 


Gesels Daaroor: Kyk weer na die lys gebede. Watter gebed moet jy die meeste bid? Wat is 'n ander gebed wat jy ook moet begin bid?


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

What Would Courage Do?

Moed is nie om nie bang te voel nie. Dit is om op God se krag te vertrou om jou te help om volgens sy wil te lewe al is jy bang! Vir Ouers: Jou kind sal elke dag se leesstuk en vrae beter verstaan as jy hierdie leesplan ...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid