Leesplan inligting

Die Ek Wat Ek Wil WeesVoorbeeld

Die Ek Wat Ek Wil Wees

DAG 10 VAN 10

Ons almal het ‘n identiteit, of jy daarvan bewus is of nie, en die maklikste manier om jou identiteit te bepaal, is om jouself af te vra waarin jy jou waarde vind, waaraan koppel jy jou ek, wat laat jou regtig goed voel, wat gee jou sekuriteit, wat laat jou voel alles is reg met jou? Ons soek dit, net soos in die versoeking van Jesus, dikwels in dit wat ons doen, dit wat ons bymekaarmaak, of dit wat die mense van ons sê en dink.

Dit is natuurlik ‘n ideale resep vir spanning in jou lewe, want dink net ‘n bietjie daaraan. Waar gaan ek dit kry? Dit hang van my af, en as ek dit gekry het, hoe gaan ek dit behou? Ek voel die hele tyd ek het nie genoeg nie. As ek net nog 'n bietjie meer kry sal dit met my beter gaan. Dis ‘n ideale resep vir groot spanning.

As jy vandag omgekrap of gespanne is, dink dan daaroor. Is dit nie juis omdat jy nie kan kry wat jy wil hê nie? Is dit nie juis omdat daar ongelukkige verhoudinge is en mense nie meer van jou dink as wat jy graag wil hê nie? Het dit nie te doen met jou rol en dit wat jy doen nie?

Paulus sê die Heilige Gees is in elkeen van ons en Hy praat met ons. "Die Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is" (Romeine 8:16). Net soos met Jesus se doop toe God uit die hemel sy identiteit as God se geliefde Seun bevestig het, is daar ‘n Stem diep in jou. Het jy dit al ooit gehoor? Dit is deel van Christen-wees en van die reis waarop ons is, om daardie Stem in jou binneste te kan hoor, duidelik, miskien duideliker as wat jy dit ooit in jou lewe gehoor het: "Jy is my kind, Ek het ‘n welbehae in jou."

Ons moet meer gereeld na daardie Stem luister sodat hierdie identiteit diep in ons gevestig kan word. Dit moet wegskuif van dit wat ons doen of wat ons het of wat ander mense van ons dink en sê, sodat ons vry kan wees om te kan lewe soos wat God wil hê ons moet lewe, sodat ons kan instap in daardie lewe wat Hy vir ons wil gee.

Dink net wat kan dit aan jou doen as jy weet die Almagtige, die Skepper, sê vir jou "Jy is my kind. Ek sien jou. Ek sal vir jou sorg. Ek gee vir jou om." Dis nie ‘n storie nie. Dis nie ‘n briljante, goeie idee wat jou kan vertroos as dinge moeilik gaan nie. Dis ‘n realiteit waarin jy kan stap en waarin jy kan leef.

Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Die Ek Wat Ek Wil Wees

"Nee, sonder om iets terug te verwag, moet julle julle vyande liefhê en goed doen en uitleen[Godgegewe identiteit]. Dan sal daar vir julle 'n groot beloning wees: julle sal kinders van die Allerhoogste wees, omdat Hy sel...

More

Ons wil graag vir Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid