Leesplan inligting

Die Ek Wat Ek Wil WeesVoorbeeld

Die Ek Wat Ek Wil Wees

DAG 6 VAN 10

Die Skrifgedeelte in Hebreërs 11 gaan oor die lewe van Moses. Moses het Moses geword deur God in die eerste plek, sy hoogste agting te gee.

Die Bybel sê hy het die smaad van Christus groter rykdom geag as die skatte van Egipte. Dit het te doen met sy verklaring van waardes. Wat beteken dat ons aan goed waarde heg. Sekere goed is vir ons baie belangrik. Hoekom? Omdat dit vir ons lewe gee. Dit maak my gelukkig. Dit vul my met lewenslus en energie. Daarom kies ek hierdie goed in my lewe. Hierdie waardes vul ons met drome en met planne vir die toekoms. Hierdie waardes gee sin aan ons lewe. Dit vervul ons diepste behoeftes soos aanvaarding, fisieke behoeftes, veiligheid. Dis goed wat vir my van waarde is.

Die punt is, ons het baie waardes in ons lewens. Ons het almal verskillende waardes. Daar is tog waardes wat uitstaan. Daardie waardes noem ons kernwaardes, dominante lewenswaardes. Dis hoekom die Bybel sê dat Moses waarde geheg het aan sekere goed, meer as aan ander. Hier is die groot les wat ons leer: hy het geweet wat sy kernwaardes is. Hy het besef sy kernwaardes is teen die waardes wat Egipte aan hom kan bied: posisie, besittings en plesier.

Hy kom agter dat sy waardes ʼn effek het op wie hy is. Jou waardes hou verband met jou identiteit. Jou waardes is dit waarmee jy identifiseer. Dit waarmee jy identifiseer bepaal jou identiteit.

Aan die einde van die tweede eeu het die vroeë kerk 'n nuwe woordeskat begin kry om dit wat Jesus oor waardes geleer het, aan die destydse taal oor te dra. Hulle het begin praat van "aan goed geheg te raak". Ek raak aan goed geheg as dit vir my baie belangrik is. Hier is die vroeë kerk se waarskuwing: "Pas op, dit waaraan jy geheg is, kan vasgelê word, wat beteken dat verkeerde goed vir jou belangrik raak." Jou kern is iets wat aan jou gegee is. Wanneer jy dit skep, dan leef jy met goed waaraan jy so geheg is dat dit by jou vasgelê word. Byvoorbeeld, jou kern moet oor God gaan, en niks moet vir jou belangriker as God wees nie. Jy moet niks liewer hê as vir God nie.

Weet jy wat die kernwaardes van jou lewe is? Weet jy waarom jou lewe draai? Besef jy wat die effek van jou kernwaardes op jou lewe is?

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Die Ek Wat Ek Wil Wees

"Nee, sonder om iets terug te verwag, moet julle julle vyande liefhê en goed doen en uitleen[Godgegewe identiteit]. Dan sal daar vir julle 'n groot beloning wees: julle sal kinders van die Allerhoogste wees, omdat Hy sel...

More

Ons wil graag vir Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid