Leesplan inligting

Die Ek Wat Ek Wil WeesVoorbeeld

Die Ek Wat Ek Wil Wees

DAG 2 VAN 10

Wanneer ons op ‘n reis gaan om te word wie ons werklik is, ervaar ons God se seën.

As jy nou oor jou lewe terugkyk, het daar dalk iemand jou pad gekruis na wie jy opgesien het, ʼn gesagsfiguur, soos ʼn ma of ʼn pa, ʼn ouma of ʼn oupa, of onderwyser of ʼn skoolhoof of ʼn afrigter, wat na jou gekyk het, en iets in jou raakgesien het? Iets in jou herken het en erken het, en dit vir jou gesê het? Iemand wat dalk oor iets goeds in jou lewe gesê het: "Ek sien iets raak wat jy het, wat in jou toekoms vir jou dalk baie gaan beteken. Dis uniek van jou." Dalk was dit ʼn talent, dalk was dit ʼn gawe, dalk was dit iets binne-in jou waarvan jy nie bewus was nie. Dit is die oorsprong van die "woord van seën" en wat dit letterlik beteken – om goed te praat.

In hierdie worsteling met Jakob is daar ’n belangrike gesprek wat plaasvind:

Die man het vir Jakob gesê: “Los my, want die dag breek.”

Jakob het geantwoord: “Ek sal jou net los as jy my seën.”

Toe vra die man: “Wat is jou naam?” (Gen 32:26-27).

Kyk wat gebeur in hierdie oomblik. Jakob het desperaat ‘n seën nodig. Sy uitroep om geseën te word is vurig, desperaat — ek gaan nie jou los nie.

In die Bybel sien ons dat God ons graag wil seën. Sy seëninge kom in baie verskillende en soms verrassende maniere na vore. Dikwels hou dit verband met wat ons die nodigste het.

Tog seën God hom nie onmiddellik nie. Voordat dit kon gebeur, wou God weet wat sy naam is. Dit lyk asof hy bereid moes wees om oop kaarte te speel voordat hy die seën kon ontvang.

As ons waarlik wil hê dat God ons moet seën, moet ons gewillig wees om eerlik te wees oor, en met onsself. Ons moet erken wat ons naam is.

Dit was die geval met een van ons lidmate ’n paar weke gelede. Sy het met my kom gesels omdat, in haar woorde, haar lewe besig was om uitmekaar te val. Sy was vasgevang in ’n lewenstyl van ontrouheid en verslawing. Dit alles het haar uiteindelik ingehaal. Sy was desperaat vir God se seën. Ek het haar gevra om huis toe te gaan en neer te skryf wat sy alles gedoen het. Met ons volgende afspraak het ek haar gevra om dit hardop voor God te lees. Ons het gepraat oor hoe sy anders kan begin leef. Ons het saam gebid en gevra dat God haar sal seën met vergifnis en ’n nuwe begin. Ek het haar ’n paar keer na daardie dag weer gesien. Sy leef steeds met die gevolge van haar dade, maar daar is ’n wonderlike nuutheid in haar. Sy het God se seën ervaar.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Die Ek Wat Ek Wil Wees

"Nee, sonder om iets terug te verwag, moet julle julle vyande liefhê en goed doen en uitleen[Godgegewe identiteit]. Dan sal daar vir julle 'n groot beloning wees: julle sal kinders van die Allerhoogste wees, omdat Hy sel...

More

Ons wil graag vir Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid