Leesplan inligting

Die Ek Wat Ek Wil WeesVoorbeeld

Die Ek Wat Ek Wil Wees

DAG 8 VAN 10

Moses het volhard. Hy het volgehou soos een wat die onsienlike sien. Dit het te doen met ons verbeelding. Voed jou verbeelding. Jy moet aanhou op hierdie pad. As jy kies om op hierdie reis te gaan om by jouself uit te kom, en jouself in Hom te vind, dan gaan jy ʼn prys betaal en daar gaan druk op jou wees. Jy moet egter volhou op hierdie pad deur al die lewensfases, deur al die teenstand, en deur alles wat met jou gebeur in die lewe – hou aan op hierdie pad. Jy moet volhou want jy gaan versoek word, net soos Jesus versoek is.

Direk na sy doop, waar God sê wie Hy is – “Jy is my geliefde Seun in wie Ek ʼn welbehae het” – word Hy versoek. 1) Vind jou waarde in iets anders. 2) Raak bekend. 3) Oefen mag uit. “Ek sal vir jou die koninkryke van die wêreld gee.” Die Israeliete is op daardie drie maniere versoek, maar kon dit nie weerstaan nie. Hulle het misluk. Jesus se antwoord is elke keer ʼn teksvers wat Hy uit die geskiedenis van Israel aanhaal: “Maar Ek se nee. Ek het die versoeking weerstaan.” Nadat Hy daardeur is, is sy identiteit vasgelê en begin sy bediening, en Hy kon word wie Hy is.

Ons bly op hierdie pad, en ons kan aanhou omdat ons oog op Jesus gevestig is. Net na hierdie kort biografie sê die skrywer: “Volhard nou met hierdie wedloop.” Hou aan. Moenie ophou nie. Daar is ʼn groot wolk van getuienis, en Moses, al hierdie mense het dit gedoen, en hulle hou jou dop. Gaan aan op hierdie pad. Kyk na die voorbeeld van Jesus. Hou jou oë op Hom. Hy het die kruis verdra omdat Hy uitgesien het na ʼn ewige beloning. Die beloning was groot.

Dus, wanneer jy aan die einde van jou lewe kom en hierdie wêreld verlaat, dan gaan jy weer voor Hom staan en dan gaan Hy vir jou vra hoe dit gegaan het: "Het jy gedoen waarvoor Ek jou gestuur het?” En as jy antwoord: “Ja, ek was op daardie reis. Ek het gegroei en op my lewensreis volledig mens geword.” Ons kom nie volledig mens die lewe in nie, ons moet dit word. “En ja, ek het uitgevind wie ek is, die uniekheid in myself ontdek en ek het dit gebruik, my gawes en talente in die omstandighede waarin ek was op die pad waarlangs ek gekom het. Dit is volbring.” Kan jy die woorde hoor? “Mooi so! Goeie en getroue dienskneg! Kom in die vreugde van jou Heer. Jou beloning sal groot wees.”

Waarvoor leef jy? Ken jy jouself? Laat jy die lewe gaan wat jy so hard tot stand probeer bring het? Die mens wat jy probeer wees het? Jesus het gesê: “As jy jouself verloor, dan sal Ek vir jou jou ware self gee. Dan sal jy die lewe kry.” Wat is jou uitnodiging vandag? Sê jy ja saam met Hom sodat ek myself kan word en wees?

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Die Ek Wat Ek Wil Wees

"Nee, sonder om iets terug te verwag, moet julle julle vyande liefhê en goed doen en uitleen[Godgegewe identiteit]. Dan sal daar vir julle 'n groot beloning wees: julle sal kinders van die Allerhoogste wees, omdat Hy sel...

More

Ons wil graag vir Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid