Leesplan inligting

Die Ek Wat Ek Wil WeesVoorbeeld

Die Ek Wat Ek Wil Wees

DAG 7 VAN 10

Moses het geweier en dus het hy gekies.

Toe hy grootgeword het, het hy geweier om die seun van farao se dogter genoem te word, omdat hy gekies het om liewer ʼn tyd lank saam met die volk van God sleg behandel te word. Dit het daarmee te doen om vir jou lewe verantwoordelikheid te neem sodat jy keuses kan maak. Hy het nee gesê, hy het ook ja gesê. Tog het hy 'n bietjie meer as "nee" gesê – hy het geweier, wat beteken daar was druk op hom geplaas om ander waardes te kies, om homself te verhef en homself groot te maak, en hy het dit van die hand gewys.

Ek weet nie of jy daarvan bewus is nie, maar daar is groot druk wat op jou geplaas word. Daar is ʼn aanslag op jou lewe. Daar is ʼn drieledige en onheilige komplot wat gesmee word om jou van jou lewe te ontneem – die vlees, die bose en die wêreld. Die doel is om jou weg te hou van jouself af, dat jy nie by jouself kan uitkom nie, dat jy nie by jou missie waarop God jou gestuur het kan uitkom nie. Jy kan baie suksesvol word, jy kan baie suksesvol wees, maar nie jouself wees nie, nie dit doen wat die Here wil hê jy moet doen nie. Dit sal jou ontneem van vervulling. Daar sal altyd ʼn onderbreking wees en ʼn diep verlange in jou, al kry jy wat en al het jy wat, want jy is nie in voeling met jouself nie. Jy het vergeet van jou ontmoeting. Jy herken nie die materiaal waarvan jy gemaak is en wie God jou gemaak het om te wees nie. Jy gaan altyd op ʼn verkeerde plek wees. Jy gaan nooit voel jy het tuisgekom nie.

Die groot rede hoekom jy daarvoor moet "nee" sê, is dat jy dan teen God se wil ingaan. Ek gaan teen dit wat Hy my gemaak het. Ek loop dit mis waarvoor ek eintlik hier is. Dit werk nie. Daarom sê Moses: “Dis vir ʼn kort tydjie wat jy genot kan hê, maar dis nie blywend nie. Jy word nie jy nie.”

Hy sê ook "ja". Hy sê ja vir die volk van God. Dis ʼn interessante uitdrukking. Nou, wie is die volk van God? Wel, in die eerste plek, erken hy daar is net een God. Hy het in ʼn ander kultuur grootgeword, waar daar baie gode is – daar is ʼn god vir elke wonderlike ding in die lewe. Die God van Abraham, Isak en Jakob is egter die Skepper God wat alles geskape en bo alles is. Daardie God het ʼn volk gekies en sy belofte aan Abraham was dat Hy deur hierdie volk die Messias in die wêreld sou bring om dinge weer reg te maak. Alles wat in hierdie wêreld skeefgeloop het, sal deur Hom reggemaak word.

Moses het dus vir God gekies. Omdat ek Hom kies, kies ek wat belangrik is vir die werk wat God op die aarde wil doen deur die mense wat getuie moet wees dat Hy bestaan en dat Hy besig is met daardie werk.

Waarvoor sê jy ja? Waarvoor sê jy nee?

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Die Ek Wat Ek Wil Wees

"Nee, sonder om iets terug te verwag, moet julle julle vyande liefhê en goed doen en uitleen[Godgegewe identiteit]. Dan sal daar vir julle 'n groot beloning wees: julle sal kinders van die Allerhoogste wees, omdat Hy sel...

More

Ons wil graag vir Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid