Leesplan inligting

Die Ek Wat Ek Wil WeesVoorbeeld

Die Ek Wat Ek Wil Wees

DAG 9 VAN 10

Jesus praat oor ons identiteit deur vir ons te vra, waaraan jy jou waarde koppel. Hy praat met sy dissipels en vra of hulle nie besef hulle is baie meer werd as enigiets in hierdie skepping nie? Hulle probeer hulle waarde in goed vind soos in klere, in kos, in hulle lewensstyl en in die lewenstandaarde wat hulle handhaaf. Ons probeer dit almal op een of ander manier kry — deur wat ons doen, en in ons dade bereik, deur die posisie wat ons beklee. Weereens, as jy jou identiteit hierom bou, gaan jy nooit daardie diep vervulling kan kry, of dit waarna jy soek nie.

Jesus sê: "Julle soek na iets wat julle alreeds het. Julle is my kinders. Ek is lief vir julle. Julle het ‘n hemelse Vader." 'n Deel van ons geestelike reis is om ons identiteit in Hom te begin vind, want dan kan dit nooit van jou af weggeneem word nie. Dit hang nie af van wat ek het nie. Dit hang nie af van wat ek bereik het nie. Dit hang nie af wat ander mense van my sê nie.

Ek het iets ontdek en iets gekry wat ewig is, wat onwrikbaar is, waaruit ek my lewe put.

Ek ry ‘n ruk gelede verby ‘n straatkunstenaar en ek is verwonderd oor sy skildery. Hy vra R500 daarvoor. ‘n Rukkie later loop ek in ‘n kunsgalery en sien ‘n skildery, heelwat kleiner as die skildery van die straatkunstenaar, en die prys is R50 000. Die doek is baie, baie kleiner, baie minder verf is gebruik en dit lyk nie of hy ‘n goeie dag gehad het toe hy daardie skildery aangepak het nie. Ek verstaan nie mooi waaroor gaan dit nie, maar sy handtekening is onderaan.

Jy sien, dit gaan nie oor hoeveel verf gebruik is nie. Dit gaan nie daaroor of jy ‘n olieverfskildery is of nie. Dit gaan oor die handtekening. Hy het ons gemaak. Dis Hy wat jou geskilder het. Dis sy handtekening wat op jou is. Ons is geskape na sy beeld en na sy gelykenis. Ons identiteit moet hierom begin draai. Ons identiteit is 'n ingewikkelde, komplekse verskynsel waarmee ons almal leef, ons almal het ‘n identiteit. Ons almal koppel onsself aan iets of iemand.

Die eenvoudigste toetsie is, wanneer voel jy lekker oor jouself? Wanneer? As jy presteer? As jou gesin goed praat van jou? As jou vriende goed praat van jou? As jy applous kry?

Uiteindelik kry ons 'n lewe van vryheid, van matelose energie en ‘n identiteit wanneer dit diep in God gevestig is. Dis waar Christus sy identiteit gekry het. Niemand kan dit van jou wegvat nie. Dit is die applous waarvoor jy leef. Ek lewe vir ‘n gehoor van Een, nie vir ander nie.

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Die Ek Wat Ek Wil Wees

"Nee, sonder om iets terug te verwag, moet julle julle vyande liefhê en goed doen en uitleen[Godgegewe identiteit]. Dan sal daar vir julle 'n groot beloning wees: julle sal kinders van die Allerhoogste wees, omdat Hy sel...

More

Ons wil graag vir Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid