Leesplan inligting

5 Minute Saam Met GodVoorbeeld

5 Minute Saam Met God

DAG 4 VAN 10

Hy beskerm ons





Dalk het jy ook al die foto gesien van ’n branderplankryer in die water buite Kaapstad? Vyf haaie is duidelik sigbaar in die water. Die fotograaf vertel dat hy vir ongeveer vyf minute bó die branderplankryer in sy girokopter gehang het om die foto te neem en dat een van die haaie selfs reg onder die branderplankryer geswem het. Die branderplankryer was egter heeltemal onbewus van hul teenwoordigheid. 


Ons lees in Johannes 10:10 dat die vyand vir niks anders gekom het nie as om te steel, dood te maak en te vernietig. Hy soek na maniere om ons seer te maak en gebruik gereeld “haaie” om ons lam te lê. Hierdie “haaie” kom in verskillende vorme, insluitende uitdagings in die werkplek, dreigemente van bankrotskap, skinderpraatjies met die doel om iemand se karakter te vernietig, ’n flirtasie met iemand buite jou huwelik, konflik met ’n geliefde of selfs ons kinders wat by die skool geboelie word. Die “haaie” vul ons met onrustigheid en vrees. 


Een ding wat ons egter moet onthou, is dat God, soos die fotograaf in die girokopter, ’n ander perspektief op ons lewe het. Hy sien die “haaie” – selfs dié waarvan ons onbewus is. In Psalm 33:13-14 lees ons: “Die Here kyk vanuit die hemel en sien die hele mensdom. Vanaf sy woning sien Hy al die bewoners op die aarde.” 


God sién nie net die haaie nie; Hy beskerm ons ook teen hulle. Hy is ons Beskermer en Hy plaas ’n staalhok rondom ons om ons te beskerm wanneer dit voel of ons diep in die water op die branderplank sit en haaie reguit op pad is na ons toe. Kom ons dank Hom daarvoor.





Wanneer dit voel of God die verste van ons af weg is, is Hy soms juis die naaste.




Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

5 Minute Saam Met God

Die lewe kan soms soos een groot uitdaging voel. Maar God is nie ver en onbetrokke nie. Ons moet egter elke dag sy teenwoordigheid opsoek, of dit nou in daardie afgeknypte vyf minute is of intensiewe Bybelstudie. Wanneer...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid