Leesplan inligting

5 Minute Saam Met GodVoorbeeld

5 Minute Saam Met God

DAG 10 VAN 10

Bid jy in vrees en met bekommernis?





“Here,” het Alta weer desperaat gebid waar sy met haar gesig teen die grond gelê het. “Wanneer gaan hierdie situasie met my seun tog verander?” In haar gees het sy ’n duidelike stem ervaar. “Wat maak jy, Alta?” Verbaas oor die vraag het sy gesê: “Here, ek is besig om my lot by U te bekla oor my seun. Ek is bekommerd oor hom.” Die reaksie op haar antwoord het haar verbaas. “Ek kan nie iets doen as jy bekommerd is nie, Alta. Bring vir My my Woord. Ek reageer op my Woord. Die vyand gebruik vrees en bekommernis. Gee My die Woord en dit aktiveer my hand.” 


Vir bykans 21 jaar lank het Alta Edwards vir haar seun, Gavin, gebid. As tiener was Gavin deel van sy kerk se musiekgroep. Ná skool het sy lewe egter ’n ander rigting ingeslaan. Hy en sy rockgroep het die wêreld vol getoer en vinnig opgang gemaak. Die laataande en baie alkohol het egter ’n tol op Gavin se lewe begin eis. Dit het sy vermoë begin beïnvloed en so ook veroorsaak dat hul gewildheid begin taan het. Depressie het ’n houvas op hom gekry. Hy was ver van God. Alta kon sien hoe haar kind se lewe voor haar oë uitmekaarval. 


In ’n onderhoud met Alta vertel sy hoe daardie ontmoeting met God en sy woorde aan haar, oor die belangrikheid van sy Woord, haar lewe verander het. Sy het deur sy Woord gegaan, beloftes opgespoor, dit neergeskryf en God daaraan begin herinner wanneer sy bid. 


Haar seun het kragdadig tot bekering gekom. ’n Jaar later was Gavin Edwards die naaswenner van die realiteitsreeks The Voice in Suid-Afrika. Hy het heeltemal ophou alkohol drink en beleef tans hoe God vir hom ’n tweede kans op ’n musiekloopbaan gee. 


Hoe bid jy oor jou situasie? In vrees en met bekommernis? Of bring jy God se beloftes na Hom toe? Dit bring sy hand in beweging.





As jy God se beloftes na Hom toe bring, bring dit sy hand in beweging. 





Hierdie oordenkings is saamgestel uit 5 MINUTE SAAM MET GOD deur Benescke Janse van Rensburg © Christelike Uitgewersmaatskappy.




Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

5 Minute Saam Met God

Die lewe kan soms soos een groot uitdaging voel. Maar God is nie ver en onbetrokke nie. Ons moet egter elke dag sy teenwoordigheid opsoek, of dit nou in daardie afgeknypte vyf minute is of intensiewe Bybelstudie. Wanneer...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid