Leesplan inligting

5 Minute Saam Met GodVoorbeeld

5 Minute Saam Met God

DAG 8 VAN 10

’n Oorvloedige lewe te midde van die storm





Twee dae nadat Norma Jean Bauerschmidt van Michigan, Amerika, se man gesterf het, moes sy hoor dat sy kanker het. Haar dokter het chirurgie, bestraling en chemoterapie voorgestel. Toe hy haar vra wat sy daarvan dink, het Norma geantwoord: “Dokter, ek is 90 jaar oud. Al wat ek wil doen, is om in die pad te val en die wêreld te sien.” En dit is presies wat sy, haar seun en skoondogter in hul motorwoonwa gedoen het. 


In bietjie meer as ’n jaar het Norma-hulle bykans 21 000 kilometer afgelê, 32 Amerikaanse state besoek en op 75 verskillende plekke oornag. Gedurende hierdie tyd het hulle verskeie ongelooflike ervarings beleef – insluitende ’n vlug in ’n warmlugballon, oesters geëet, ukelele gespeel, moordwalvisse gesien en selfs ’n laventelplaas besoek. Hul avonture, Driving Miss Norma, is aanlyn deur ’n halfmiljoen mense gevolg. In die laaste jaar van haar lewe het Norma derduisende mense geïnspireer deur haar blymoedigheid en lewensvreugde. Elke keer as iemand haar gevra het wat haar gunsteling bestemming so ver was, het sy gesê: “Net hier.” Hierdie besondere vrou was dankbaar vir elke dag en elke ervaring en sy kon tot aan die einde ’n oorvloedige lewe lei. 


Kom ons volg haar voorbeeld en leef dankbaar. Só kan ons ook ’n lewe van oorvloed smaak al is daar soms storms in ons lewens. Dit gaan egter van ons vra om doelbewus te kies om van die storm weg te kyk en op die Een te fokus wat die storm met een woord kan laat bedaar. Vra God vandag nog om jou hiermee te help.





Om ’n lewe in oorvloed te geniet, beteken soms om tevrede te wees met waar jy tans is.




Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

5 Minute Saam Met God

Die lewe kan soms soos een groot uitdaging voel. Maar God is nie ver en onbetrokke nie. Ons moet egter elke dag sy teenwoordigheid opsoek, of dit nou in daardie afgeknypte vyf minute is of intensiewe Bybelstudie. Wanneer...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid