Leesplan inligting

5 Minute Saam Met GodVoorbeeld

5 Minute Saam Met God

DAG 6 VAN 10

Kop bo water





Op die tiende putjie van die laaste dag van die Meestersgholftoernooi het die 22-jarige Jordan Spieth, wat toe nommer twee op die wêreldranglys van gholfspelers was, met vyf houe voorgeloop. Hy was die gunsteling om te wen. Die kanse het goed gelyk dat hy twee jaar in ’n ry die groen baadjie sou dra wat dié prestige gholftoernooi aan die wenner besorg. 


Van die tiende putjie af het alles egter uitmekaar begin val. Spieth het die een na die ander brouhou gespeel en selfs op een van die putjies die bal twee keer na mekaar in die water geslaan. Geskok het die wêreld gekyk hoe Jordan Spieth die titel weggooi. 


Die reaksie van Spieth se stokdraer, Michael Greller, op hierdie gebeure het my beïndruk. In ’n Facebook-boodskap vertel hy van soortgelyke teleurstellings wat Spieth in die verlede beleef het en hoe hy dit met grasie hanteer het. Dan skryf hy: “’n Wyse afrigter het my eenmaal geleer dat wen ’n gedeelte van jou karakter openbaar, maar verloor jou hele karakter.” 


Spieth het volgens Greller deurlopend met grasie en nederigheid opgetree en nooit sy woede en frustrasie op enigiemand uitgehaal nie – en die stokdraer is gewoonlik die eerste een wat deurloop wanneer dinge vir die gholfspeler skeefloop. “Ons het baie ondersteuning ontvang,” skryf hy, “maar moenie jammer voel vir ons nie, ons sal herstel soos so dikwels vantevore.” 


Hoe hanteer jy uitdagings wat voel of die mat onder jou uitgeruk is? Jy verloor jou werk. ’n Kind of vriendin stel jou teleur. Dit het gelyk of jy met die toekenning sou wegstap, maar op die laaste nippertjie glip iemand anders by jou verby. Behou jy grasie en nederigheid of haal jy jou frustrasie op die mense die naaste aan jou uit? 


Kom ons tree ook met waardigheid op en onthou dat wen ’n gedeelte van ons karakter openbaar en die verloor-oomblikke ons hele karakter.





Wanneer ons ’n wen én verloor kan hanteer sonder om kop te verloor, wen ons elke keer.




Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

5 Minute Saam Met God

Die lewe kan soms soos een groot uitdaging voel. Maar God is nie ver en onbetrokke nie. Ons moet egter elke dag sy teenwoordigheid opsoek, of dit nou in daardie afgeknypte vyf minute is of intensiewe Bybelstudie. Wanneer...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid